"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

Tiaan presteer by samf wiskunde olimpiade

BY M Snetler

Tiaan Bouwer, gr. 9-leerder van Hoërskool Framesby, het hierdie jaar uitsonderlik presteer in die jaarlikse SAMF Wiskunde Olimpiades. Hy behaal ‘n gemiddeld van 92% in die tweede rondte en neem ook deel aan die derde rondte.
Tiaan ontvang die toekenning as die Top Junior Presteerder by die Siyanqoba Regional Olympiad Training Program.
Tiaan verower ook ‘n sertifikaat vir die Bio-Science Global Olympiad.
Die grootste prestasie wat Tiaan te beurt geval het, is om gekies te word as een van slegs 56 leerders, oor die hele Suid-Afrika, om vanaf Maandag 10 Desember tot Vrydag 14 Desember die SAMF Mathematical Camp te Stellenbosch by te woon. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie vir hierdie briljante seun.
Hoërskool Framesby, saam met sy ouers, is met reg trots op Tiaan se puik prestasies.

 November 26, 2018
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...