"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

BAIE DANKIE FOV!!

BY M Snetler

Hoërskool Framesby wil graag vir elke FOV-komiteelid (Framesby Ondersteuners Vereniging) bedank vir hul harde werk die afgelope jaar. Ons waardeer al die tyd en moeite wat ingesit word om ons skool te verbeter. Sonder almal se samewerking sou dit nie moontlik gewees het nie.


FOV het heelwat verbetering aan fasiliteite aangebring. Daar is ‘n nuwe yskas en klankstelsel vir FOV gekoop en in samewerking met die skool, is FOV uitgeverf en die dak geseël. FOV het in 2019 ’n vraghouer aangekoop wat omskep is in ’n pawiljoen vir die nuwe Astrobaan. ‘n Elektroniese krieket-telbord is ook op die C-veld aangebring deur FOV. Die projek is aangepak in samewerking met 33k Electronics wat die bord vervaardig het. FOV is dankbaar vir Framesby-ouers wat groot bydraes gelewer het: Christo Steyn (Steyns Drilling) wat die data-kabel geïnstalleer het, Wayne Holland (Real Cut Engineering) wat die staal raamwerk vervaardig het en Barbara van Vuuren (Bella Corp Warehouse) wat die teks kunswerk gedoen het. FOV het ook in 2019 twee nuwe syskerms vir die krieketvelde op die C Veld aangekoop en het 180 16Gig USB's aan die skool geskenk vir die matrieks se afskeidsgeskenk.


Indien daar enige ouers is wat wil aansluit by FOV , kan hulle gerus Framesby se webblad besoek en die FOV-aansoekvorm invul.

 October 11, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...