"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

WOLKSKOOL

BY M Snetler

WOLKSKOOL
Framesby en Die Wolkskool verseker saam voortgesette onderrig .
Die Wolkskool en Framesby vat in 2021 hande om vir elke kind van gr. 8 tot 12 toegang tot Die Wolkskool te gee.


Die Wolkskool is ? inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en bied ? aanlyn leerplatform met lesse in video-formaat, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat leerders vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot hul skoolonderrig kan deurwerk. Onderwysers kan ook hul eie video’s, werkkaarte en opdragte op die stelsel laai sodat leerders werk tuis kan afhandel.


Die inhoud is op die Suid-Afrikaanse KABV-kurrikulum gebaseer en daar is reeds meer as 3000 volledige lesse in die volgende vakke vervaardig:
Graad 8–9: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Ekonomiese Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Tegnologie en Wiskunde.
Graad 10 – 12: Afrikaans Huistaal, Besigheidstudies, Engels Eerste Addisionele Taal, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika- en Ontwerp, Inligtingstegnologie, Lewenswetenskappe,
Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.
Elke leerder van Framesby sal by Die Wolkskool teen 15 Februarie met ‘n e-posadres en wagwoord geregistreer wees. Ouers ontvang elke week ? verslag wat leerders se vordering weergee en kan
self ook na die video’s kyk om jou kind met moeilike vrae te help.
Die Wolkskool is trots om in 2021 saam met Framesby die toekoms van gehalte Afrikaanse onderrig te help verseker.

 January 28, 2021
Comments (0)
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...