"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

LANDLOOP EN STRAATMYL UITSLAE

BY M Cronje

Die jaarlikse landlooptoer na Knysna het al ‘n tradisie geword en vanjaar was geen
uitsondering nie. Tydens die vakansie het 28 Framesby-landloopatlete die toer na
Knysna meegemaak, waar hulle aan 'n landloopbyeenkoms, ‘n straatmyl en ‘n
5km-pretdraf deelgeneem het. Die kompetisie was baie straf aangesien skole van
Wes-Kaap, plaaslik en Oos-Kaap deelgeneem het. Landloop in die Suid-Kaap is baie
sterk en baie goeie werk word gedoen om die plaaslike atlete se talent te ontwikkel.
By die landloopbyeenkoms het die volgende atlete goed presteer: Zanri Black,
6de by O/14, Logan Muller- 8ste by O/14, Gerhard Venter, 8ste by O/15, Keigh-Lee
van Tonder, 6de by O/16, en Wehan Smith, 8ste by O/16. In die straatmyl het ons
atlete uitgeblink ondanks die feit dat al die ouderdomsgroepe saam gehardloop het,
altesaam 105 atlete in een wedloop! Wehan Smith, nog O/16, het tweede van al die
atlete klaargemaak, en Gerhard Venter, O/15, het 6de van al die atlete geëindig.
Logan Muller, nog O/14, het 14de klaargemaak. Baie geluk aan al ons atlete met
pragtige prestasies. Groot dank moet ook gaan aan mev Cronjé en al haar helpers,
wat hierdie toer moontlik gemaak het. Julle hou altyd Frameby se naam hoog!

 July 17, 2019
Comments (0)
Atletiek
M Cronje

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...