Framesby FiksieFundi’s

FiksieFundi’s, die nuutse kultuurklub in Hoërskool Framesby, is ’n vereniging wat die geleentheid vir leerlinge (en personeel) bied, om op ’n informele wyse hulle liefde vir boeke en films uit te leef. Wat die FiksieFundi’s nog meer innoverend en interesant maak, is dat dit ’n vereniging is wat deur leerlinge, vir leerlinge bestuur word.

 

Die Fiksiefundi’s vergader elke tweede Vrydag, vir 30 – 60 minute per sessie. Daar word verskeie onderwerpe behandel, onder andere:

 

  1. Boeke en Films
  2. Skryf van Resensies om ander leerlinge se keuse van boeke en films te vergemaklik.
  3. Aanvulling van ’n nuwe databasis waar boeke en films volgens genre en tema gekataloguseer kan word.
  4. Skryfkunswerkswinkels waar lede hul eie kreatiewe skryf-vermoë kan verbeter. Werke deur leerlinge word dus ook bespreek.

 

Een keer per kwartaal sal daar ’n Literatuurmiddag wees, waarin die klem op Poësie en Drama geplaas sal word. Die middag sal dan oop wees vir enige Framesbyleerling om by te woon. Weereens, leerlinge se eie werke sal ook bespreek word, en dus word die gordyne oop gegooi om ‘n platform te onthul waar leerlinge met belangstelling in die veld ondersteuning kan kry.

 

Saam met die Literatuurmiddag, wil die FiksieFundi’s poog om aan die einde van die jaar ’n bundel te publiseer met die werke van leerlinge, wat insluit:

 

  1. Digkuns
  2. Drama
  3. Prosa
  4. Kreatiewe Opstelle

 

Behalwe om hulself te bemagtig en hul kennis te vebreed, poog die FiksieFundi’s om ’n gemeenskapsprojek te loods waarin hulle skryfbehoeftes en boeke sal insamel om vir ’n minderbevooregte skool te skenk.

 

Die FiksieFundi’s is dus ’n bedrywige bundel boek- en film belangstellendes, met 21 leersame lede wat hul liefde vir mediavorms kom uitleef.

 

Die Bestuur bestaan uit vier lede, elkeen met hule eie portefeulje:

 

  1. Cara Brynard:                    President
  2. Fransesca de Lange:        Vise-President
  3. Luan Staphorst:                 Bemarking, Literatuur- 
                                               organiseerder
  4. San-Mari Breytenbach:     Sekretaresse

 

FiksieFundi’s funksioneer onder beskerming van Me. Olivier (Mediasentrumbestuurder) as ’n uitvloeisel van die Mediasentrum se bedrywighede. As sulks het die lede sekere voordele by die Mediasentrum, soos ekstra boeke wat uitgeneem kan word, boeke wat ook gedurende die Desembervakansie (afgesien van ander vakansies) uitgeneem kan word, voorkeur by die uitneem van nuwe boeke en kennisgewings van nuwe aanwinste. FiksieFundi’s kan een merietepunt verdien en kry ook balkies.

Ons Bestuur

Bestuur (600 X 450)
Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: