"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

Vanuit die Hoof se kantoor

Die nuwe skooljaar is voluit aan die gang en 2015 hou groot beloftes in wat ons, as skool, deur die loop van die jaar sal wil laat realiseer.  Ons fokus val vanjaar op ons waardestelsel en daar sal maandeliks gefokus word op elk van die steunpilare van Omgee, Respek, Betroubaarheid, Regverdigheid, Verantwoordelikheid en goeie Burgerskap.

 

Op 6 Februarie sal die eerste van die jaar se Fakkelflitse verskyn met die nuutste nuus en inligting aangaande ons skool.  Ons wil vanjaar graag hierdie nuusbrief slegs op elektroniese formaat uitstuur en moedig ouers aan om te verseker dat die skool in besit is van u e-posadres.

 

Op buitemuurse gebied presteer leerders sommer weer met die intrapslag.  16 Atlete verteenwoordig die OP in Tweekamp, terwyl die 1ste krieketspan eersdaags met hul T20 liga begin.  Atletiek, tennis, muurbal en gholf het ook met hul onderskeie liga's begin en ons wens al ons spanne net die beste toe vir hul wedstryde en byeenkomste.

 

Op akademiese gebied kan ons spog met ons matriekuitslae van 2014.  Die slaagpersentasie van 99,5% toon dat onderrig in ons skool positief en gesond is.  Ouers moet daarop let dat daar geen veranderinge aan die slaagvereistes vanjaar is nie, maar dat u wel bewus moet wees van die kriteria waaraan u kind moet voldoen om te slaag.

 

Ek bid elke familie sterkte toe vir die jaar - laat ons saam getrou wees aan die skool se leuse van Handhaaf en Bou.

 

J. Stroebel

Skoolhoof

Mnr-stoebel-2015

Ons Hoof:  Mnr. Jan Stroebel

Vinnige Navraag

Voltooi en stuur

Kontak Inligting

Hoërskool Framesby

Fisiese Adres: 

Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001

  

Posadres:

Posbus 28065
Sunridgepark, 6008

 

Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787

E-pos: bemarking@framesby.co.za  

 

Internet:

Facebook: Hoërskool Framesby

Twitter

Belangrike Inligting

Vinnige skakels

Vakkeuses

Ons Prospektus

Kultuur Rooster

Naweek Sport Rooster

Eksamen Roosters

Vraestelle Gr 9 & 11

OK / Close