"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002
dsc0002

SKOOLHOOF

Mnr Germishuys

5

Oor die afgelope 25 jaar het Mnr. Germishuys in verskeie rolle by verskillende skole opgetree. Hy het 1994 by Hoërskool De Vos Malan as onderwyser begin en is in later jare bevorder tot departementshoof en adjunkhoof. Sy kwalifikasies sluit in : HOD (Handel) KT4, B.Tech (Handel) en VDO (Rekenaarstudie).
 
Mnr. Germishuys is met Annel getroud en het een dogter, Marné. Hy is ‘n gesinsmens en bring graag tyd, waar moontlik, met sy familie deur. Mnr. Germishuys glo dat die omgewing waarin leerders opgevoed word ‘n kardinale rol speel in hul ontwikkeling en dat hierdie omgewing dissipline, kennis en integriteit as hoekstene moet hê.

BAIE DANKIE FOV!!

BY M Snetler

Hoërskool Framesby wil graag vir elke FOV-komiteelid (Framesby Ondersteuners Vereniging) bedank vir hul harde werk die afgelope jaar. Ons waardeer al die tyd en moeite wat ingesit word om ons skool te verbeter. Sonder almal se samewerking sou dit nie moontlik gewees het nie.


FOV het heelwat verbetering aan fasiliteite aangebring. Daar is ‘n nuwe yskas en klankstelsel vir FOV gekoop en in samewerking met die skool, is FOV uitgeverf en die dak geseël. FOV het in 2019 ’n vraghouer aangekoop wat omskep is in ’n pawiljoen vir die nuwe Astrobaan. ‘n Elektroniese krieket-telbord is ook op die C-veld aangebring deur FOV. Die projek is aangepak in samewerking met 33k Electronics wat die bord vervaardig het. FOV is dankbaar vir Framesby-ouers wat groot bydraes gelewer het: Christo Steyn (Steyns Drilling) wat die data-kabel geïnstalleer het, Wayne Holland (Real Cut Engineering) wat die staal raamwerk vervaardig het en Barbara van Vuuren (Bella Corp Warehouse) wat die teks kunswerk gedoen het. FOV het ook in 2019 twee nuwe syskerms vir die krieketvelde op die C Veld aangekoop en het 180 16Gig USB's aan die skool geskenk vir die matrieks se afskeidsgeskenk.


Indien daar enige ouers is wat wil aansluit by FOV , kan hulle gerus Framesby se webblad besoek en die FOV-aansoekvorm invul.

read more...
 October 11, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Hoërskool framesby

Kalender

-  
Son
Ma
Din
Woe
Don
Vry
Sat

Gebeurtenisse

Title
click a title for more information
Event Date
FOV GIN PROEAAND!2019-04-05 18:00 - 2023-00-00
FOV OOP NA 1STE SPAN WEDSTRYD2019-04-06 16:00 - 2023-00-00
FOV SOSIAAL2019-04-26 18:00 - 2023-00-00
FOV OOP DIREK NA 1STE SPAN WEDSTRYD TEEN GRENS!2019-04-27 16:00 - 2023-00-00
FOV IS OOP! DIE BEPALING IS TEEN MARLOW!2019-05-24 18:00 - 2023-00-00
FOV OOP NA 1STE SPAN WEDSTRY TEEN MARLOW!2019-05-25 16:00 - 2020-00-00
FOV IS OOP! DIE VOLGENDE DAG IS DIT GREY PE!2019-07-12 18:00 - 2023-00-00
FOV IS OOP NA DIE 1STE SPAN WEDSTRYD TEEN GREY!2019-07-13 16:00 - 2020-00-00
FOV IS OOP! DIE BEPALING IS OUTENIQUA!2019-08-02 18:00 - 2023-00-00
FOV MAAK OOP DIREK NA DIE 1STE SPAN WEDSTRYD!2019-08-03 15:00 - 2020-00-00
Page: 1 of 22
Event Search


Advanced Search
SearchClear

framesby filantrope

BY M Snetler

Die Filantrope het die jaar afgesluit deur by Lake Farm te gaan sagtebal speel. Ons was baie dankbaar dat die weer hierdie keer saamgespeel het aangesien ons dit die vorige twee kwartale moes afstel weens slegte weer. Dit was weereens 'n groot sukses en ons het hulle bederf met lekker
kolwyntjies na afloop van die wedstryde. Dit bly 'n hoogtepunt op ons kwartaalprogram en ons sien uit na 2020.

read more...
 October 16, 2019
Comments (0)
Filantrope
M Snetler

DEELNAME AAN BAY GAS-ATLETIEKBYEENKOMS

BY M Snetler

Twintig atlete het aan die Bay Gas-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms is slegs vir laerskool- en 0/15-atlete. Zanri Black het geskitter deur drie eerste plekke te behaal in die dogters 0/15-afdeling, nl. in die 300m hekkies, 400m en 800m. Let wel sy is nog 'n 0/14-atleet!


Die volgende atlete het ook eerste plekke in die 0/15-afdeling behaal:
Anel Strauss- 1500m
Charnleigh Kotze- gewigstoot
Bryan Ellard- verspring
Aiden Gericke-hamergooi
Hugo Nothnagel- driesprong


Die volgende atlete behaal tweede plekke:
Leigh Snyman- 90m hekkies en 300m hekkies
Francois Vosloo- 300m hekkies
Anke Scheffer- 3000m
Casey van der Berg- hamergooi
Anel Strauss- 800m


Die volgende atlete behaal derde plekke:
Karla Strydom
Creed Higgs
Mienke Deyzel

read more...
 October 15, 2019
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

TWEEKAMP: OP-SPAN VIR INTERPROVINSIALE BYEENKOMS:

BY M Snetler

Vyftien Framesby-atlete is in OP- spanne opgeneem wat eerskomende Saterdag, 19 Oktober, aan ‘n interprovinsiale byeenkoms in Port Elizabeth sal deelneem.
Die volgende atlete is in OP-span opgeneem:
OP A-SPAN:
1. Zanri Black- dogters 0/15
2. Hugo Nothnagel- seuns 0/15
3. Anke Scheffer- dogters 0/17
4. Wehan Smith- seuns 0/17
5. Melissa Hamilton- dogters 0/19
6. Karla Scheffer- dogters 0/19
OP B-SPAN:
7. Ilze Hattingh- dogters 0/15
8. Francois Vosloo- seuns 0/15
9. Elmien Hartslief- dogters 0/17
10. Rohan van der Merwe- seuns 0/17
11. Terrence Oelofse- seuns 0/17
12. Zack Serfontein- seuns 0/17
13. IP van der Merwe- seuns 0/19
14. De-Leon Strydom- seuns 0/19
OP ONTWIKKELINGSPAN:
15. Tiaan Black

read more...
 October 14, 2019
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

VINNIGE NAVRAAG

Voltooi en stuur

KONTAK INLIGTING

Fisiese Adres: 
Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001
  
Posadres:
Posbus 28065
Sunridgepark, 6008
 
Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787
E-pos:
Algemene navrae - skoolhoof@framesby.co.za 
 
 
Facebook: Hoërskool Framesby

BELANGRIKE INLIGTING

Vinnige skakels

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Nutritech-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close