"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

wiskunde kamp -  tiaan hou so aan!

BY M Snetler

Ons is baie trots op Tiaan De Beer (nou in graad 10) wat die besondere voorreg gehad het om tydens die afgelope Desember vakansie (8 tot 12 Desember 2019) 'n Wiskunde kamp te kon bywoon wat deur die South African Mathematics Foundation (SAMF) aangebied is by die Universiteit van Stellenbosch.
 
Tiaan was die enigste leerder uit die Nelson Mandela Baai streek wat uitgenooi is na die kamp (hy het vroeër in 2019 ook 'n soortgelyke kamp bygewoon in Pretoria). Benewens die gevorderde Wiskunde wat Professor Pillay (van die Universiteit van Kwazulu-Natal) met die leerders behandel het, is hulle ook spesifiek voorberei vir deelname aan toekomstige Wiskunde olimpiades. Bywoning van die kamp is die eerste stap vir moontlike insluiting in 'n Suid-Afrikaanse span.  
 
Vir Tiaan was dit 'n genotvolle manier om sy liefde vir Wiskunde te kon uitleef en 'n geleentheid om nuwe maats te maak van dwarsoor die land.  Dit was nie slegs 'n akademiese uitstappie nie en tussendeur lesings het daar heelwat ander aktiwiteite ook plaasgevind onder leiding van hul onderskeie spanleiers.  
 
Tiaan het dit terdeë geniet en gaan vanjaar weereens aan soveel as moontlik Wiskunde  olimpiades en opleidingsprogramme deel neem.
Tiaan, hou só aan!

 January 30, 2020
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...