"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

tiaan blink in op die stel

BY M Snetler

Tiaan de Beer, een van ons Graad 9-leerders, het die besondere eer te beurt geval om deur te dring die lewendige opname-rondte van die gewilde Op die Spel- program wat op KykNet aangebied word. Hy is gekies as een van slegs 8 Graad 9-leerders, uit meer as 600 aansoekers, wat na hierdie rondte deurgedring het. Dis ‘n ongelooflike prestasie en ons is BAIE trots op Tiaan.
Die program is verlede week in Johannesburg by Stark Studios opgeneem en sal in April op DSTV se Kyknet-kanaal uitgesaai word. Ons hou styf duim van dat Tiaan sal deurdring na die finale rondte! OP die foto regs verskyn Tiaan trots in sy skooldrag op die stel van die kompetisie.
Ons sal volgende kwartaal die uitsaaidatums deurgee. Nogmaals baie geluk, Tiaan!

Die foto word geplaas met toestemming van die organiseerders.

 February 25, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...