"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

Sorika ontvang erekleure aan die us

BY W Rauch

Die Universiteit van Stellenbosch ken jaarliks erekleure toe aan studente wat uitsonderlk presteer. Hierdeur word erkenning verleen aan studente wat op akademiese-, sport- of kulturele gebied hulself op ‘n besondere wyse onderskei het. Hierdie toekennings is die hoogste toekennings wat deur die universiteit gemaak word en is net ‘n handjievol student beskore.


Ons is ongelooflik trots dat ons hoofdogter van 2012, Sorika Tait, onlangs hierdie besondere eer te beurt geval het. Sorika was op skool een van ons top akademiese presteerders. Sy studeer sedert 2013 medies aan die Universiteit van Stellenbosch en is tans in haar finale jaar.


Die toekenning wat aan Sorika gemaak is, is gebaseer op haar akademiese prestasie die afgelope vier jaar. Die eerste jaar van studie word nie hiervoor in ag geneem nie, en vanaf haar tweede tot vyfde jaar het Sorika elke jaar cum laude geslaag. Om ‘n uitdagende kursus soos medies jaarliks met onderskeiding te slaag is ‘n besondere prestasie.


Sorika het met hierdie prestasie voortgebou op die uitstekende prestasies wat ons oud-leerders reeds aan die US behaal het. Framesby is ongelooflik trots!

 August 27, 2018
Comments (0)
Algemeen
W Rauch

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...