"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

SOMMER IN ‘N GRÓÓT KOLLIG!

BY M Klopper

Die FRUK-lede het almal aan die KKNK se virtuele dramawebkompetisie deelgeneem. Dit was met ‘n gesweet en gekners van tande wat almal teen 31 Mei gereed moes wees - die gogga het gesorg dat ’n paar nog moes isoleer ook!


Nóg groter was die gekners met die neem van die opnames en die wegstuur. Dit is egter met groot trots dat ons verneem dat Cara-Mari Botha deurgedring het na die finaal.
Die finaal word aanlyn aangebied en regstreeks uitgesaai. Cara-Mari kom tussen 15:00 - 17:00 Saterdag, 3 Julie aan die beurt. 


Ons het verlede week Cara-Mari Botha gelukgewens met haar kwalifisering om aan die finale rondte van dramaweb SA deel te neem. Min het ons egter geweet dat daar nét nege akteurs vir die
finale rondte gekeur is! Dit maak Cara-Mari se keuring nóg meer merkwaardig!
Sy neem Saterdag, 3 Julie, om 15:00 deel. Ons kan haar ondersteun en na haar optrede op die volgende webwerf kyk: www.dramawebSA.co.za


Ons hou vir haar styf duime vas en hoop dat sy tydens die prysuitdeling om 17:30 (www.dramawebsa.co.za) haar naam onder die eerste drie deelnemers sal hoor. Ons het dan ook verlede week genoem dat ons nog vir die res van die kandidate se uitslae wag. Dit het ons intussen ontvang en ons plaas dit hier onder. Ons is baie trots op elkeen van hierdie leerders. Goed gedoen!


Dramaweb SA Uitslae:
CUM LAUDE – 95%+
Cara-Mari Botha
Lara Nell


GOUD – 80% - 89%
Lara Benn
Johan Van der Walt


SILWER – 70% - 79%
Ashleigh Frazenburgh
Monique Kruse
Megan Landman
Ruan Nel
Heila Oosthuizen
Marco Sprong
Milla Van der Merwe
Alouise Vosloo


BRONS – 60% - 69%
Elmien Hartslief
Jenna O’Ehley
Liane Vlok
Zane Vlok
Juan Whittle

 July 02, 2021
Comments (0)
Kultuur
M Klopper

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...