"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

Rugbyspelers wemel in op-spanne

BY M Snetler

Tot dusver beleef Framesby-rugby ‘n baie goeie seisoen, en is ons baie dankbaar om te berig dat altesaam 16 van ons rugbyspelers opgeneem is in Oostelike Provinsie-spanne wat tydens die vakansie in nasionale toernooie in aksie sal wees. Vyf van ons O/15-spelers is opgeneem in die OP-span wat aan die Rhino-week gaan deelneem. Hulle is Juan Baard, Corné Scheepers, Zack Serfontein, Zander Minnie en Jayden Smit. By die O/16’s is twee spanne gekies, en Corné van der Merwe en Stefan du Plessis is in die O/16-Uitnodigingspan opgeneem wat aan die VKB-toernooi gaan deelneem. Die Grant Khomo-span is die O/16 “Cravenweekspan” en Damian Robberts het hierdie span gehaal.


Ons senior spelers het ook nie op hulle laat wag nie. Caden-Wade Finnis en Morné Prins is beide in die O/18Akademiespan opgeneem. Caden is ook aangewys as onderkaptein. Hierdie span reis saam met die Cravenweekspan na Bloemfontein, waar die Cravenweek sowel as die Akademieweek by Grey Kollege aangebied word. Ons is baie trots op Danie van der Merwe, Ruan Claassen, Jaundré Liebenberg, Brandon Wilkie, Ruan Smith en Sebatian Brandt, wat almal in die Cravenweekspan opgeneem is. Brandon is ook aangewys as kaptein.
Baie geluk, manne! Dis ‘n wonderlike prestasie, en ons glo dat julle nie net die OP nie, maar veral Framesby se naam hoog sal hou by die toernooie. Ons hoop om volgende week ‘n foto van die groep te plaas.

Dis egter nie net ons seuns wat by die spanne betrokke is nie, maar ook drie van ons afrigters. Mnr. Christo Scriven is vanjaar ‘n hulpafrigter by die Cravenweekspan, terwyl mnr. Francois van der Walt die spanbestuurder van die Grant Khomospan is. Mnr. Juhan Meyer is ook aangewys as die bestuurder van die O/16-uitnodigingspan. Baie geluk menere, en baie sterkte met die voorbereidings!


PROVINSIALE SPELERS IN ONDERSKEIE OP-SPANNE
OP o.15 Rhino Week
Juan Baard
Corné Scheepers
Zack Serfontein
Zander Minnie
Jayden Smit


OP o.16 Grant Khomo
Damian Robberts
Spanbestuurder: Mnr Francois van der Walt


OP o.16 Uitnodigingspan
Corné vd Merwe
Stefan du Plessis
Spanbestuurder/hulp-afrigter : Mnr Juhan Meyer


OP o.18 Akademiespan
Morné Prince
Caden-Wade Finnis ( onder-kaptein )


OP o.18 Cravenweekspan
Danie van der Merwe
Ruan Claassen
Brandon Wilkie ( Kaptein )
Jeandré Liebenberg
Ruan Smit
Sebastian Brandt
Hulp-afrigter : Mnr Christo Scriven

 May 27, 2019
Comments (0)
Rugby
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...