"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

oudskoliere nuus: basil de coning

BY M Snetler

Agtergrond:
Basil se skoolloopbaan het in 1985 by Framesby begin. Hy het vir die 0/14A- , o/15/A- , o/16A- rugby-, krieket- en tennisspanne uitgedraf en het ook musiek geneem. Basil het vir die eerstespan tennis gespeel in 1988 sowel as 1989. Hy het vir die eerstespan krieket gespeel in 1978, 1988 en 1989 (kaptein). Hy was ook betrokke by die koor, het op die leerlingraad gedien en uit volle bors die Jubalaya geskreeu. Basil het met trots die Bloktrui in 1987, 1988 en 1989 gedra. Hy was ‘n uitstekende rugbyspeler en is opgeneem in die Cravenweek o/19-rugbyspan. Daarna is hy as kaptein vir die S.A. Skolespan gekies en toe weer tot kaptein vir die S.A. o/20-rugbyspan verkies. Hy was ook kaptein vir N/TVL se 0/20-rugbyspan en in die lugmag in Pretoria.


Hy ontvang sy B.A. graad in MBW by UPE. Intussen het hy vir die O.P. Senior Rugbyspan in 1995 en 1996 gespeel. Daarna draf hy vir die Griekwas uit vanaf 1996 tot 1999. Na die Griekwas het hy in die Super 15- rugbyliga vir die Cats uitgedraf vanaf 1999 tot 2000. Hy speel vir die S.A. Barbarians in 2000. Hy het al ook teen baie internasionale spanne gespeel o.a.: NieuSeeland, Ierland en Engeland. Basil Is weereens tot Kaptein gekies vir die Luiperde in 2001. In 2002 keer
hy terug Oos-Kaap toe, waar hy tot die O.P-span verkies word.
Hy het ‘n nekbesering opgedoen by die O.P. span en op 29 jaar oud as ’n professionele rugbyspeler uitgetree.


My beste prestasie:
Om as haker pale toe te skop vir elke span wat ek verteenwoordig het van Graad 1 tot my uittrede 23 jaar later.


Ek besit tans ‘n besigheid in swaar ingenieurswerke. Ek het twee ongelooflike kinders, ’n hond en ‘n kat. Ek is versot op Steri Stumpies en eet glad nie uie nie. Glimlag altyd!! Dit kos niks om ’n goeie mens te wees, as jou voete op die grond is en jou hart skoon is nie. Ek hou nie van mense wat dink hulle is beter as ander nie. Gekke en dwase skryf op mure en glase.


Lewensfilisofie: Bly doen wat jy doen. Doen dit met alles wat jy het, want jy weet nooit, hoe naby jy is om jou kans te kry nie. Goeie goed gebeur met goeie mense. Pelle hou nie boek nie. ‘n Handskud is so goed soos ‘n kontrak.


Verwyte:
Absoluut niks. Niks, maar ek sou definitief nie my skooljare wou weg wens nie. Oud word het sy nadele.


Advies:
As jy niks mooi het om te sê nie, bly eerder stil. Moet nooit ’n deel van die probleem wees nie, wees ‘n deel van die oplossing. Almal maak foute, dis 100% normaal, so “chill”. Moenie “panic” nie. Die lewe is te kort, leef en geniet dit. Dis ’n voorreg.



 April 01, 2021
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...