"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

MB SPANBOU - THE AMAZING RACE

BY M Snetler

MB SPANBOU - THE AMAZING RACE
Die Monitorbestuur het Dinsdag die jaar met ‘n “Amazing Race” afgeskop om spangees te versterk en as ‘n groep gereed te maak vir die 2021-skooljaar. Die MB’s is in vier spanne ingedeel en het 10 take gekry om so vining as moontlik, saam, te voltooi om as wenners uit die stryd te tree. Die resies het afgeskop en almal het na hul eerste uitdagings genael. Een groep het met ‘n
fiksheidsessie saam met mnr. Ellis begin, waartydens sommiges ernstig na hul asem gesnak het. Ander het met ‘n “Fear Factor” kostoets begin.Daar was boeliebief en eier, vla en swart bone en sardientjies met brusselse spruitjies op die spyskaart.
Die MB’s het ook hulle kettie-skiet-, krieket-, netbal- en legkaartbou vaardighede getoets. Daar was ‘n kort hindernisbaan waar een leerder geblinddoek is en die res van die groep hom of haar moes lei deur instruksies uit te skree. Dit het definitief die groepe se kommunikasie getoets. Daar was ook n vasvra oor ‘n paar van die onderwysers, waar die MB interessante feite oor ons onderwysers geleer het. Ons Akademiese Hoof het in vier soortesport twee provinsies verteenwoordig. Die blou span het die wenbeker ontvang met hulle vinnige spanwerk. Baie geluk! Die dag is afgesluit met ‘n Covid-vriendelike braai waar almal saam ontspan het. Ek stem saam metons hoofmeisie, Nikhe Vlok, “ Hierdie moet definitief ‘n tradisie vir die volgende monitorbestuur word.”
Te danke aan al mev. Potgieter en Nell se harde werk, is die MB’s reg om die jaar aan te pak.
Karla Basson

 February 11, 2021
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...