"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

GRAAD 8-ORIËNTERING 2021

BY M Snetler

GRAAD 8-ORIËNTERING 2021
Op 11 en 12 Februarie het ons Framesby-Flitsies deel van die Framesby-familie geword. Beide dae het vroeg afgeskop met lang skanderingsrye en ‘n paar senuweeagtige gesiggies, maar gou is hulle welkom geheet met ‘n spesiale fotohoekie en die MB se kreatiewe COVID-vriendelike ysbrekers.
Daar is ook tyd ingeruim vir ‘n bietjie swoeg en sweet met ‘n paar toetse en reëls. Die graad 8’s is op ‘n blitstoer deur die skool geneem en die aanleer van die gogga-dans was tot groot vermaak van die voogonderwysers en MB.
Die “Minute 2 Win it” en spanbou aktiwiteite deur die MB was ‘n treffer. Daar is lekker geëet en gekuier en die Flitsies het gou geleer dat dit lekker is om ‘n Framesby te is!
Ons sien uit na die volgende 5 jaar ons Flitsies dop te hou en te verseker dat hul volwaardige Framesby-fakkeldraers sal word in ons tuiste van wenners.

 February 15, 2021
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...