"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

GRAAD 8 INLIGTING VIR 2019

BY M Snetler

Geagte Ouer
 
Soos belowe in ons aanvaardingsbrief aan u, sluit ons hierby alle inligting in wat u kind vir volgende jaar benodig.  Ingesluit is inligting t.o.v. skoolgeld vir 2019 waarvan u deeglik moet kennis neem. 
 
Die volgende word aan u kind gerig :
 
 
1.           VERWELKOMINGSDAG: DINSDAG 8 JANUARIE 2019
 
Om seker te maak dat jy nie heeltemal vreemd is wanneer jy Woensdag 9 Januarie by die skool instap nie, moet jy asseblief reeds Dinsdag
8 Januarie om 09:00, in somer skooldrag (sonder skoolbaadjie), by die skool aanmeld.  By hierdie geleentheid sal belangrike inligting aan julle verskaf word terwyl die Monitorbestuur julle die binnekant van die skool sal wys. Julle sal om 11:00 gereed wees om huis toe te gaan.
 
2.      VERWELKOMINGSNAWEEK
 
Die Graad 8-naweek word volgende jaar tydens die naweek van 11 Januarie (Vrydag) en 12 Januarie (Saterdag) 2019 by die skool aangebied. Daar word van alle Graad 8-leerders verwag om die geleentheid by te woon. Julle slaap die Vrydagaand, onder toesig, by die skool en die geleentheid word die Saterdagaand met ’n funksie saam met julle ouers afgesluit. Die graad 8-leerders word versoek om hulle Laerskoolbaadjie / sweetpakbaadjie saam te bring vir Saterdagmiddag se inhuldigingseremonie. Tydens dié tradisionele seremonie sal jou Framesby-baadjie vir jou aangetrek word.
 
Die koste verbonde aan die naweek beloop R250 en sluit etes in. Die geld is betaalbaar op Vrydag 11 Januarie, waartydens die volledige program aan julle verskaf sal word
 
 
3.      HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES
 
Handboeke en skryfbehoeftes word nie by skoolgeld ingesluit nie, en moet self aangekoop word.  Dit is belangrik dat alle leerders reeds aan die begin van die nuwe skooljaar oor alle handboeke en skryfbehoeftes sal beskik. 
 
Let asseblief ook daarop dat die skool nie tweedehandse handboeke verkoop nie. Verkope van tweedehandse handboeke is dus ‘n privaatreëling tussen individuele leerders/ouers.  Maak in so ’n geval seker dat dit die korrekte voorgeskrewe handboek(e) is.
 
Voorgeskrewe boeke (Literatuurstudie) word deur die skool aan die leerlinge verskaf, maar bly die eiendom van die skool.  Die koste vir beskadigde of verlore boeke sal van die leerlinge verhaal word.  Voorgeskrewe boeke moet dus met plastiek oorgetrek en netjies gehou word.
 
4.      FRAMESBY-JAARBEPLANNER
 
Die Hoërskool Framesby publiseer sy eie huiswerkdagboek waarin belangrike datums rakende eksamens, toetsreekse, sport- en kultuur-
aktiwiteite, ens. aangebring is.  Ons verwag dat elke leerling een sal koop, en wil jou dus vra om nie ’n ander huiswerkboekie vir 2019 aan te skaf nie.  Dit sal aan die begin van die skooljaar teen R120 by die skool verkoop word en dié bedrag sluit ‘n 2019-fotojaarblad in wat leerders aan die einde van die jaar sal ontvang.
 
5.      TWEEDEHANDSE SKOOLDRAG 
 
Die Framesby Klerewinkel is vir algemene verkope oop op die volgende dae :
 
Skoolkwartaal :                               Elke Dinsdag vanaf 14:00 – 16:00
Elke Woensdag vanaf 12:00 – 14:30
                                    Elke Donderdag vanaf 16:00 – 17:30
Eksamen- en Toets-tye                Elke Dinsdag en Woensdag vanaf
                                                            12:00 – 14:00
                                                            Donderdae - gesluit
                                   
ASOOK spesiale datums wat die Klerewinkel oop is :
 
(skole heropen onderwysers) : Maandag   7 Jan 2019        9:00 – 12:00
(skole heropen Gr 8’s)             :  Dinsdag    8 Jan 2019     9:00 – 12:00
 
Te koop in die Klerewinkel, is nuwe atletiekdrag, krieketdrag asook skoolsykouse (44 desitex) en skooltruie. Nuwe kleurbaadjies, dasse en hemde word deur Schultz en Birch’s verkoop. Hulle verkoop ook  grysbroeke en skoolrokke, asook rugbyklere. Die klerewinkel hanteer geen verkope van rugbytruie nie.
 
 
6.      DOKUMENTASIE
 
Op 9 Januarie 2019 moet jy die volgende dokument saambring:
 
·         Graad 7 finale rapport – BAIE BAIE BELANGRIK!!
 
7.      SKOOLGELD – 2019
 
Na die Algemene Ouervergadering op Donderdag 15 November 2018 is die skoolgeld van R23 495.00 per jaar goedgekeur. Daar is twee wyses van betaling:
 
1.    Die volle bedrag van R23 495.00 betaalbaar voor of op 28 Februarie 2019.
OF
 
     2.  Die totale bedrag kan as volg oor 10 (tien) maande betaal word:
 
            *           R3 495.00 betaalbaar voor of op 31 Januarie 2019, en
            *           R2 000 betaalbaar vanaf Februarie tot November 2019.
 
Ons sien uit daarna om jou te ontmoet en vertrou dat jy baie gelukkig by ons sal wees.
 
Framesby-groete.
 
 
 
________________                                                            ___________________­­___
W. Rauch                                                                  C. van Niekerk
WAARNEMENDE SKOOLHOOF                            KAMPORGANISEERDER:
                                                                                                                Gr 8 - 2019
                                                                                                           
30 November 2018
 

 November 30, 2018
Comments (3)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...