"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

Framesby rugby – hier kom ‘n ding.

BY Fanie Marais

Die afgelope Saterdag het Famesby 5 000 toeskouers met skitterende rugby voor ‘n vol stadion getrakteer in sy wedstryd teen Hoërskool Pearson. Met die afskop was dit reeds duidelik dat Framesby groot planne het vir hierdie jaar toe Framesby se Kaptein Christo Grobler die eerste drie binne vyf minute gedruk het. Grobler was ook Framesby se beste speler op die veld en het paaie deur Pearson gehardloop. Hy is goed ondersteun deur sy ander voorspelers met die twee stutte Morne Prince en Ruan Smith aan die voorpunt asook die twee slotte Danie van der Merwe en Ruben du Preez. Voeg die flank Ruan du Preez en agsteman Ruan Klaasen by en al Framesby se voorspelers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Framesby se slotte het net een pad geken dit was doellyn toe gewees. Pearson se verdediging het geknak en dikwels het Framesby se slotte Pearson saam gesleep doellyn toe. Alhoewel Pearson reuse voorspelers gehad het in Qwame Limba en Ryan Windvogel het hulle meestal rondom die skrum gehardloop in plaas van betrokke te raak. Pearson se agterspelers het egter puik spel gelewer met TJ Horne op die voorpunt. As sy twee onderskep pogings geslaag het sou Pearson se telling beter gelyk het. Maar dit was oor die algemeen skouspelagtige rugby was die twee spanne opgedis het en Framesby is die span wat vanjaar moeilik gaan geklop word.
Die eindtelling was 53-13 in Framesby se guns gewees.
Ander rugby-uitslae was soos volg gewees.(Framesby het al die wedstyde gewen).:::2de span 43-0,3de span 31-15, 4de span 19-17, o.16B 28-17, o.16A 17-15, o.15B 15-5,o.15A 13-5, o.14B 29-12 en o.14 A 17-12.

 April 10, 2019
Comments (0)
Rugby
Fanie Marais

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...