"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

Framesby-gholfspan speel in Cape Schools

BY W Rauch

Ons gholfspan vaar vanjaar besonder goed en het al ‘n paar van die ander skole lelik op hul neus laat kyk. Dis dan baie gepas dat ons span onlangs uitgenooi is om aan die jaarlikse Cape Schools-toernooi, wat op Plettenbergbaai en Knysna aangebied word, te speel. Die Cape Schools-tradisie is reeds jare lank aan die gang, en die genooide skole ding op die rugbyveld, die hokkiebaan en die gholfbaan mee. Die skole wat tradisioneel uitgenooi word is die sterkste seunsskole in die Wes-Kaap, asook ‘n paar Oos-Kaapse skole. Uiteraard het die tradisie ‘n baie sterk Engelse inslag, maar heelwat Afrikaanse skole neem ook deel. Om dus ‘n voet in die deur te kry is baie goed!
 
Die toernooi word van 23 Junie tot 25 Junie op die Goose Valley-baan, die Knysna-baan en die Pletterbergbaai-baan beslis. Hulle speel 36 putjies op Goose Valley en 18 putjies elk op die ander twee bane. Dis dus ‘n redelik uitmergelende toernooi! Framesby word verteenwoordig deur Martin Swiegelaar, Dantré Haasbroek, Michael Randall, Bradley Smith, Ferdi Röth en Justin Smit. Ons dame-ster, Zahn Scholtz, kan ongelukkig nie speel nie want sy verteenwoordig die OP in ‘n interprovinsiale Vroue-toernooi.
 
Baie geluk, Zahn met jou insluiting in die vrouespan! Aan ons manne wens ons baie sterkte toe. Dit gaan verseker ‘n baie harde toernooi met uitstekende spelers wees, maar ons manne gaan beslis ‘n paar verrassings lewer! Hou ons naam hoog en vestig Framesby as ‘n span wat elke jaar genooi kan word. Baie geluk!

 June 07, 2018
Comments (0)
Gholf
W Rauch

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...