"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

DIRIGENT

Me. Zeta Strydom

zeta-212-x-247

FANTASIA 2016

FANTASIA-KOOR -OEFENKAMP te Boknes op 29, 30 & 31 Januarie

“Boknes betower  met  Fantasia- stemme”

 

Fantasia het verlede Vrydag vertrek op hulle jaarlikse oefenkamp. Die 75 sangers het  by die Voortrekkerkampterrein tuis gegaan  en het  note binne die eerste 2 uur begin aanleer. Hulle was ook bevoorreg om ours te hê wat smaaklike etes en versnaperings voorberei het.

Me. Zéta Strydom het die koor Saterdagmiddag ná 'n lang, harde, uitputtende en snikhete warm dag van oefen en nogmaals oefen genooi om in die strandmeer te gaan swem en almal het hulle gate uit geniet.

Juf. Strydom het beklemtoon dat die koor groot planne het vir die jaar, met sprake van deelname aan 'n nasionale kompetisie op George tydens Augustus. Fantasia spog hierdie jaar met altesaam dertig  entoesiastiese  seuns en vyftig ywerige  meisies as toegewyde  koorlede, vars nuwe soliste, asook wêreldwye bekende liedjies van klassieke en populêre aard.

Ons wens die koor alle voorspoed  toe en sien uit na die vele vertonings beginnende op 12 April.

fantasia-2016-600-x-315

Vinnige Navraag

Voltooi en stuur

Kontak Inligting

Hoërskool Framesby

Fisiese Adres: 

Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001

  

Posadres:

Posbus 28065
Sunridgepark, 6008

 

Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787

E-pos: bemarking@framesby.co.za  

 

Internet:

Facebook: Hoërskool Framesby

Twitter

Belangrike Inligting

Vinnige skakels

Vakkeuses

Ons Prospektus

Kultuur Rooster

Naweek Sport Rooster

Eksamen Roosters

Vraestelle Gr 9 & 11

OK / Close