"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

junior stadsraad

Eza-ferreira-1035-x-1183

Baie geluk aan EZA FERREIRA wie Framesby vir die volgende termyn op die Junior Stadsraad gaan verteenwoordig.  Sterkte met hier taak EZA.

netbal

o/14 Span dra Fakkel met trots by SASN

Netbal-boksburg

Baie geluk aan Me Liana Smit en haar span wat Framesby en die Oos-Kaap se naam hoog gehou het by die SASN-toernooi in Gauteng.  Ons span het teen die top 24 skole in die land deelgeneem en uitstekend gevaar.

 

Agter
Monique Van Rooyen; Carli Human; Shanelle Greyling; Nikhe Vlok; Tiana Van Rensburg
 
Voor:
Simone du Randt; Charlize Els; Hanniska Van Vuuren; Deneshia Chambers

MNR. EN MEJ. FRAMESBY 2017

Mnr-mej-framesby-2017

Voor: Mej Framesby 2017 Keitlin Mitchell
Agter: 1ste Prins – JP Greyling, 1ste Prinses – Lise Nel, Mnr Framesby 2017 – Jason van Tonder, 2de Prinses – Caroline Janse van Rensburg en 2de Prins – Tiaan Coetzee

LANDLOOP

FRAMESBY ATLETE BLY PRESTEER!!

LANDLOOP METROSPAN
19 Framesby-atlete is die Metro-landloopspan opgeneem
Die volgende  Framesbyatlete is opgeneem in die Metrospan wat 2 September aan die Oos-Kaapproewe in Mount Frere gaan deelneem.
Hulle is:
Do/14

  1. Keigh-Leigh van Tonder
  2. Amy-Lee Zeelie
  3. Charne Smith

Do/15:

  1. Kelly Schmidt
  2. Kari Nel
  3. Karla Scheffer
  4. Melissa Hamilton

Do/16

  1. Lara de Bloe
  2. Lize-me Otto
  3. Anja Webber
  4. Kirsten Viljoen

Do/17

  1. Vicky Oelofse
  2. Janie Guldenphennig
  3. Nicole Hamilton

Do/19

  1. Chane Petzer

So/14

  1. Wehan Smith

So/15

  1. Bjorn Ferreira

So/17

  1. Janno Agenbag
  2. Chad van Rensburg

netbal

FRAMESBY SPANNE EN INDIVIDUE PRESTEER

O/14 Paarl ELITE Toernooi WENNERS

O/14 Paarl ELITE Toernooi WENNERS

o/16 Paarl ELITE Toernooi WENNERS

o/16 Paarl ELITE Toernooi WENNERS

Paarl ELITE TOP 10 spelers Jané Loots en Caroline Janse van Rensburg is na afloop van die Paarl ELITE toenooi ingesluit in die TOP 10 span.  UITSTEKEND!!

Paarl ELITE TOP 10 spelers

Jané Loots en Caroline Janse van Rensburg is na afloop van die Paarl ELITE toenooi ingesluit in die TOP 10 span.  UITSTEKEND!!

2017 OOS-KAAP VERTEENWOORDIGERS Agter VLNR:Juanita van Tonder, Karla Shceffer, Mijuanne Smit, Caroline Janse van RensburgAbigail Appelgryn en Nicole ElisVoor VLNR:Amber Neil, Hanniska van Vuuren, Elouise Moolman, Jané Loots,Monique van Rooyen en Rochelle O'Niel  

2017 OOS-KAAP

VERTEENWOORDIGERS

Agter VLNR:

Juanita van Tonder, Karla Shceffer, Mijuanne Smit, Caroline Janse van Rensburg

Abigail Appelgryn en Nicole Elis

Voor VLNR:

Amber Neil, Hanniska van Vuuren, Elouise Moolman, Jané Loots,

Monique van Rooyen en Rochelle O'Niel  


riccardo-banner

OUD-LEERDER PRESTEER

Mnr Riccardo Swanepoel is gisteraand (7 Desember) tydens die gradeplegtigheid van die Fakulteite AgriWetenskappe en Ingenieurswese aangewys as die ontvanger van die Universiteit Stellenbosch (US) se Kanseliersmedalje vir 2016. Dié toekenning is die hoogste lof wat die US aan 'n student betoon.
Die Kanseliersmedalje word jaarliks toegeken aan 'n finalejaarstudent of 'n nagraadse student wat uitnemend presteer het. Prof Eugene Cloete, wat Swanepoel se commendatio voorgelees het, het gesê dat dit 'n "bykans onmoontlike taak is om aan 'n byna 100 jaar oue universiteit iets te bereik wat niemand anders nog vantevore reggekry het nie, maar vanjaar se ontvanger het wel".  Hy het Swanepoel beskryf as 'n  "besonder waardige ontvanger".
Swanepoel, 'n boorling van Port-Elizabeth en oud-leerder van die Hoërskool Framesby, het geskiedenis gemaak aan die Universiteit Stellenbosch toe hy 100% vir sy finale projek in Ontwerp behaal – iets wat geen student nog kon regkry nie. Dit is dus geen wonder nie dat sy Ontwerpprojek as "straks die absolute hoogtepunt in voorgraadse prestasie" in die Fakulteit beskryf is.
Boonop het hy 93% vir sy finalejaarsprojek ontvang, die hoogste nog in die Fakulteit. Sy werk is van sulke uitstaande gehalte dat dit aangebied is vir publikasie in 'n spesiale uitgawe van die International Journal of Chemical Engineering Data.
Swanepoel het sy BIng-graad met 'n gemiddeld van 94.1% behaal, slegs 0,9% laer as die hoogste persentasie wat nog in die program behaal is. Gedurende sy vier jaar aan die US het hy 42 van sy 44 modules met onderskeiding geslaag.
Maar Swanepoel het nie net in die klaskamer presteer nie. Hy was ook van 2013 tot 2015 redakteur van Eendrag Manskoshuis se koerant en stigter en bestuurder van die koshuis se taal- en vertalingskomitee.
Dié begaafde Matie is egter nie net vlug van begrip nie, maar boonop vlugvoetig op die dansbaan ook:  van 2008 tot 2011 het hy goue toekennings vir baldans (ballroom dancing) ontvang.
Swanepoel het die toekenning as 'n "enorme eer" beskryf en gesê dit het eers later behoorlik by hom ingesink toe mense hom op straat gelukwens met die prestasie. Hy skryf sy akademiese sukses toe aan "baie nagte sonder slaap" en deursettingsvermoë. Swanepoel sal aanstaande jaar sy M-studies aan die US voortsit en hoop om dit later om te skakel in 'n PhD.
Onderskrif: Mr Riccardo Swanepoel saam met die Kanselier van die US, Dr Johann Rupert. Foto: Stefan Els

op tweekamp atlete

Baie geluk aan die volgende atlete wat in die OP-span ingesluit is en wat op 8 April aan die inter-provinsiale kompetisie in die Paarl gaan deelneem.

AGTER: Joshua Gouws, Wehan Smith, Janno Agenbag
MIDDEL: Chane Petzer, Karla Scheffer, Melissa Hamilton
VOOR: Nicole Hamilton, Lara de Bloe, Vicky Oelofse

Tweekamp-op-

top mediese student by kovsies

Nadia-moore-2015-318-x-420

Soos in 2012, 2013, 2014 en 2015 is NADIA MOORE in 2016 weer as Kovsies se top mediese student aangewys.  Uitstekend!!  Baie geluk van 'n trotse Framesby

fietsry

Mischka-road-ec-champs-2017-341-x-512

Mischka Strydom is in Januarie vanjaar in ‘n Profesionele Vroue Fietsryspan, Team African Pride, opgeneem wat bestaan uit vier vrouens waarvan sy die jongste is. Mischka se drie spanlede is almal Springbokke en is dit ‘n groot eer wat haar te beurt geval het.
 
Die fietsry-seisoen het al vroeg in Januarie afgeskop met the Festival of Cycling Kriteriums wat by Scribante renbaan gehou is.  Hier het Mischka in al drie wedrenne 1ste plekke verower.  Sy het ook 28/29 Januarie aan die Oos Kaap Provinsiale Fietsry Kampioenskappe deelgeneem en het hier die Silwer medalje vir beide Tydwedren en Padwedren verower.
 
Mischka gaan in Februarie deelneem aan die Suid Afrikaanse Fietsry Kampioenskappe te Wellington, Wes-Kaap waar sy hoop om podium posisies los te slaan.  Hierdie prestasie verg baie harde werk en wens ons by Framesby vir haar all voorspoed toe vir die kompetisie wat voorlê

TWEEKAMP

INTERPROVINSIAAL

TWEEKAMP:
12 Framesby-leerders het aan ‘n Interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn deelgeneem. Spanne van WP, BOLAND,SWD, NOORD-KAAP, OP EN VRYSTAAT het aan die byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms word  as ‘n mini SA Kampioenskappe beskou, aangesien die kompetisie baie sterk is.
4 van ons leerders het uitstekend gevaar:

  • Chane Petzer het ‘n derde plek in do/19 afdeling behaal.
  • Wehan Smith het ‘n eerste plek in die so/13-afdeling behaal.
  • Lara de Bloe het ‘n derde plek in die do/15- afdeling behaal.
  • Karla Scheefeer het ‘n 2de plek in die do/15-afdeling behaal- sy het met ‘n skrale 1 punt die goue medalje misgeloop.
  • Vanjaar was die byeenkoms ook ‘n hoërskole kompetisie: Framesby het 2de in die kompetisie behaal.

Baie geluk aan die leerders.

Framesby is trots op LEGOMINOS

Rekenaar-fundi’s maak groot naam!!

1472052418929366642627085699672860784440529n

Die meeste jongmense is deesdae uiters bedrewe wanneer dit kom by rekenaarspeletjies, en sommige is selfs ongelooflik daarmee, maar ‘n baie spesiale groep leerders het onlangs hul rekenaarvaardighede briljant toegepas en weggestap met die louere in die 2016 FLL Animal Allies Challenge.

In hierdie kompetisie word die programmeringsvaardighede, en die kreatiewe toepassing daarvan,deeglik getoets. Daarmee saam word die kreatiewe ontwerpersvermoë van die spanne ook onder die vergrootglas geplaas. Hierdie leerders is almal deel van ons Rekenaarklub, en onder die bekwame leiding ons IT-onderwyser van mnr. Gerhard Steyn, het hulle die afgelope tyd baie hard gewerk aan die ontwerp van ‘n robot, asook die ontwikkeling van ‘n program om die robot bepaalde opdragte te laat uitvoer. In kort kom dit daarop neer dat die robot, wat op wiele beweeg, op ‘n voorgeskewe baan moet beweeg en in die proses ‘n hele reeks komplekse opdragte moet uitvoer. Die hele proses moet vooraf geprogrammeer word en gelaai word. Sodra die robot op sy “quest” vertrek het, word punte toegeken, of afgetrek, afhangend hoe goed of sleg die opdragte uitgevoer word. Die kompetisie is egter nie net beperk tot die robot se manewales nie. Die ontwerp van die robot word beoordeel, asook die span se werk aan die projek in sy geheel. ‘n Verdere aspek wat baie streng beoordeel word, is in watter mate sekere kernwaardes (core values) deur die span gehandhaaf en toegepas word.
Vir die oningeligte leek mag dit lyk na speletjies, maar die realiteit is dat daar ure en ure se werk in hierdie projek ingesit is. Daar moet onthou word dat elke beweging of aksie van die robot in ‘n program ingeskryf moet word, en in die hele proses is daar letterlik honderde moontlik aksies waarvoor voorsiening gemaak moet word, en dis nie ‘n “remote control”-karretjie nie! Daar is tot hidroliese aksies ingebou waar die hele robot homself van die grond af lig!
Ons span, die Legominos, het in die ontwerp-afdeling die tweede plek behaal, en in die robotspeletjie-afdeling die ander spanne uitgestof. Hiermee is hulle dan uiteindelik as die algemene wenner aangewys. Met hierdie oorwinning het hulle deurgedring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Desember in Johannesburg gehou word. Wat ‘n pragtige prestasie. Framesby is BAIE trots op julle!

 

 

 

 

hoofleiers 2016/2017

V.L.N.R. Keitlin Mitchell (onderhoofdogter), Carol

V.L.N.R. Keitlin Mitchell (onderhoofdogter), Caroline Janse van Rensburg (hoofdogter), Tiaan Coetzee (hoofseun), Julian Kleyn (onderhoofseun)

MONTORBESTUUR VIR 2016/17

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat tot die MB vir 2016/17 verkies is.  


DOGTERSSEUNS
  
GRAAD 12 
  
Lisa-Mari BrinkRuan Botha
Jahna du PlessisTiaan Coetzee
Mareli EmiljoKeanu du Plessis
Caroline Janse van RensburgJean-Pierre Greyling
Jané LootsFrancois Heunis
Sanri MarxJulian Kleyn
Keitlin MitchellFrans Krause
Lise NelIzak Marais
Leah NellJaco McLaren
Stefanie OlivierRoelof Meyer
Shania SchutteJason van Tonder
Ansunel van RooyenJanré Viljoen


  
GRAAD 11 
  
Ingeborg JordaanKyle Gunn
Vicky OelofseLuan Ras
Megan TaitRuan Reinhardt
Elzabé van NiekerkBernardt Vlok


framesby akteurs

Akteurs-2016-600-x-412

Vier van Framesby se FRUK (Framesby Raad van Uitvoerende Kunste) leerders het onlangs deurgedring na die Finale Rondtes van die Kyknet Nasionale Tienertoneel Kompetisie in Kaapstad.  Slegs 60 leerders van regoor Suid Afrika word gekies, uit meer as 500 inskrywings, om in die Finale Rondtes in die ArtsCape Teater op te tree.  Caitlin Garbers het verder daarin geslaag om deur te gaan na die volgende rondte wat haar dus in die Top 30  beste Hoërskool Akteurs in die land plaas.

VLNR: Jason van Tonder, Caitlin Garbers, Anzia van Heerden en Arno Engelbrecht

SEUNSHOKKIE 1989

KEN IEMAND DALK HIERDIE MENSE??

89-hokkie

TAG RUGBY

ONNIES en OLD BOYS HAAL UIT EN WYS!!

Tag-rugby

Framesby se onnies en old boys het vanjaar vir die eerste keer 'n span in die Somerliga Tag Rugby ingeskryf en uitstekend gevaar.  'n Geesdriftige spanbestuurder, mnr. Dan van Schalkwyk het vanoggend met trots aangekondig dat die span met die Brons-medalje weggestap het en dat die waardevolle ondervinding wat hulle opgedoen het, hulle in 2016 'n groter krag sal maak.

 

Baie geluk aan die span:

Links na regs agter: Roelof Allers (onnie) ; Jacques du Preez (old boy) ; Konrad de Villiers (onnie) ; Handré Snetler (onnie) ; Juhan Meyer (onnie)

Links na regs voor: Cameron Jacobs (old boy) ; Jaco Grobler (old boy) ; Christo Scriven (onnie) ; Louis Gerber (onnie)

Afwesig: Stefan de Klerk (onnie) ; Reyners Barnard (old boy )

 

FIETSRY

Jarrad Kook
Bygevoeg op 16 November 2015
Jarrad Clark, een van ons Graad 9-leerders, neem reeds geruime tyd aan pad-fietsry deel, waar hy uitstekend presteer. Hy het twee weke gelede aan sy eerste Suid-Afrikaanse Baankampioenskappe deelgeneem, en briljant presteer, veral as mens in ag neem dat dit sy eerste deelname was. By die SA National Track Championships op 4 en 5 November het hy 'n algehele 2de plek verower. Die volgende dag het hy die Oos-Kaap verteenwoordig in die Western Cape Interprovincial, en hier het sy span die algehele 3de plek behaal. Daarna het hy op Saterdag 7 November aan die Engen Cycle the City deelgeneem, waar hy weer 2de geeïndig het. Op Sondag 8 November het hy deelgeneem aan die Western Cape Grand Prix Track Series, hier het Jarrad 'n 2de plek behaal in al drie items waarin hy gejaag het.

DOGTERSKRIEKET

ANNEKE KAPP PRESTEER WEER

Vroeër vanjaar het Anneke die Oos-Kaap by die SA skole atletiek-byeenkoms verteenwoordig en is ons trots om te sê dat sy pas ook in die OP 0/19 Dogterskrieketspan ingesluit is.

 

Die span neem gedurende die Desember-vakansie aan 'n interprovinsiale toernooi in die Kaap deel en wil ons vir Anneke alle voorspoed toewens.

Framesby by die FLL 2015 Trash Trek provinsiale kompetisie.

Framesby se Rekenaar klub kry 370 punte by die FLL Robot Games, waar spanne van reg oor die Port Elizabeth streek deel geneem het. Die Framesby span het twede plek in die "Robot Game" gekry.

DESPATCH T20 TOERNOOI

FRAMESBY WEER KAMPIOENSPAN!!

Framesby se 1ste krieketspan is nou sedert 2012 die kampioene van die Despatch T20 Kriekettoernooi.

 

Vanjaar se roete na die beker lyk so:

 

Klop vir Nico Malan met 60 lopies

Klop vir Gill College 81 lopies

Klop vir Grens met 5 paaltjies

Klop vir Despatch in semi-finaal met 8 paaltjies

Wen die finaal teen Daniel Pienaar met 66 lopies

 

Baie geluk aan die spelers en hulle afrigters.

krieket-t20-wenners-2015-456-x-370

tweekamp

FRAMESBY ATLETE PRESTEER WEER!!

Ten spyte van storm-winde het die derde tweekampliga by die Oval en Newtonpark-swembad plaasgevind en kan ons met trots sê dat 14 van ons atlete in die OP-span opgeneem is. 

Ons wens hulle alle sterkte toe vir die interprovinsiale byeenkoms wat op 24 Oktober in Port Elizabeth gaan plaasvind.  Baie sterkte aan die volgende atlete!!

1. Vicky Oelofse

2. Nicole Hamilton

3. Gerrida Stadler

4. Chane Petzer

5. Amore Terblanche

6. Bridget Hart

7. Chanel Kelsey

8. Ian Gerber

9. Janno Gerber

10. Joshua Gouws

11. Brendan Welsh

12. Deandre van der Merwe

13. Jacobus Stadler

14. Lara de Bloe

OUD-SKOLIERE DEEL VAN WENSPAN

CURRIEBEKER 1STE DIVISIE

Twee oud-leerders was die afgelope naweek deel van die Luiperds se rugbyspan wat die 1ste Divisie van die Curriebeker-kompetiesie gewen het.  Juan Language was nie net die kaptein van die span nie, maar het ook 'n reuse bydrae tot die wentelling gehad.  Hy het drie keer agter die doellyn gaan kuier en ons laat terugverlang na sy dae in die BLOKTRUI.


Bart le Roux wat vroeër vanjaar nog in Nieu Zealand gespeel het, was die ander lid van die span.


Knap gedaan manne, Framesby is trots op julle!!

juan-en-bart

NOOT VIR NOOT

GASKUNSTENAARS UIT DIE BOONSTE RAKKE!!!

Die
Die "Flash Back's" saam met "Johan Stemmet"

BRIAN BANDS-TOERNOOI

Janré op sy stukke

Janre het die afgelope naweek die Ope afdeling van die Brian Bands toernooi teen Jandre Lessing van Brandwag 6-2 7-6 gewen Hy het ook 2de in die dubbels geeindig.
Janre het die afgelope naweek die Ope afdeling van die Brian Bands toernooi teen Jandre Lessing van Brandwag 6-2 7-6 gewen Hy het ook 2de in die dubbels geeindig.
janr sept 2 400 x 600

KRIEKET

SA BINNENSHUISE KRIEKET

Tian Smith en Viaan Wolmarans op na Australië om Suid-Afrika te gaan verdedig. BAIE STERKTE!!

Tian Smith en Viaan Wolmarans op na Australië om Suid-Afrika te gaan verdedig. BAIE STERKTE!!

wiskunde

2015 SA MATHEMATICS TEAM CHALLENGE

Daar word jaarliks 'n interprovinsiale wiskunde spankompetisie gehou waar kinders uit verskillende skole gekies word om die provinsie te verteenwoordig.  Vanjaar is drie Framesby-leerders, Paul-Leon Lourens, Jacquita Puchert en Megan Tait  onderskeidelik in die Senior A, Senior B en Junior A-spanne ingesluit en het hulle spanne baie goed gevaar.  Baie geluk aan al drie met hierdie uitstekende prestasie.


Lees meer 

hoofleiers 2015/16

Hoofleiers-2016-484-x-369

V.L.N.R. Francois Kruger - Onder-hoofseun, Willem-Adriaan Odendaal - Hoofseun, Bidget Hart - Hoofdogter, Lara Havenga - Onder-hoofdogter

tweekamp

OP-VERTEENWOORDIGERS

Die tweede liga  het by die  Wesbourne Oval en Newtonparkswembad plaasgevind. Framsby het uitstekend gevaar: Lara de Bloe (do/15) en Ian Gerber (so/17) het eerste plekke behaal; Brendan Welsh (so/17)en Bridget Hart (do/19) n tweede plek en Deandre van der  Merwe(so/17), Chane Petzer (do/17) en Chanel kelsey (do/19) 'n derde plek.  Ons het, met ander woorde, in die so/17-afdeling die eerste 3 plekke  uit 22 deelnemers verower. Ons het veral in die hardloopgedeelte geskitter.

 

Die volgende 12  leerlinge is in 'n OP-span opgeneem wat op die 3de Oktober aan 'n interprovinsiale byeenkoms in Bloemfontein sal deelneem: Baie geluk aan dié atlete.

 

A-SPAN:

 

IAN GERBER

BRENDAN WELSH

DEANDRE VAN DER MERWE

LARA DE BLOE

CHANE PETZER

BRIDGET HART

 

B-SPAN:

 

VICKY OELOFSE

AMORE TERBLANCHE

CHANEL KELSEY

 

C-SPAN:

 

COBUS STADLER

GERRIDA STADLER

SONIKA NEL

atletiek seisoen 2015/16

FNL BYEENKOMS

Framesby atlete het die nuwe seisoen op 'n hoë noot begin deur 8 x 1ste, 7 x 2de en 6 x 3de plekke by die eerste FNL-byeenkoms te behaal.  Slegs die helfte van alle items is die naweek aangebied en ons sien uit na nog uitstekende behalings by die volgende byeenkoms.


Baie geluk aan die volgende atlete wat 1ste plekke behaal het:


Roelof Roodt

SG en Diskus

S o/19

Leon Vemeulen

VS

S o/17

Franco van Rooyen

300m H

S o/15

Lara de Bloe

3000m

D o/19

Chante Botha

3000m

D o/17

Anneke Kapp

Diskus

D o/19

Andre Keyser

400m H

S o/17


Dankie ook aan al die ander atlete wat deur hul deelname vir Framesby punte ingesamel het en sterkte met die volgende byeenkoms!

Landloop

OP-Verteenwoordigers

Landloop-2-426-x-416

Die volgende 3 Framesby atlete is opgeneem in die Oos-Kaap Landloopspan wat aan die SA-byeenkoms op 3 Oktober in Oos-Londen gaan deelneem.  Baie geluk!!!  V.L.N.R. Chané Petzer (o.16), Lara de Bloe (o.14) en Vicky Oelofse (o.15)

tennis

OP VERTEENWOORDIGING

Carli van Onselen is vir  die OP o/14 TENNIS SPAN gekies en het op Saterdag 29 Augustus 2015 'n INTERPRO in Oos - London teen Grens gespeel waar sy al haar wedstryde in die enkels, dubbels en gemengde dubbels gewen het.  Sy is daarna ook vir die OP o/15 span gekies en speel eerskomende Vrydag en Saterdag, 4 en 5 September 2015 in George teen die Boland, WP en SWD. 


Baie geluk Carli en sterkte met jou deelname!

 

carli-op-tennis-288-x-384

op 0/18 7's rugby

INTERPROVINSIALE TOERNOOI IN DIE PAARL

Baie geluk aan Malan Marais (O/K) en Louis Strydom wat in die span ingesluit is.  Hulle neem op 2 en 3 Oktober aan die toernooi in die Paarl deel en wil ons hulle alle sterkte toewens met die voorbereiding en deelname.

Riaan van Rensburg was ook gekies maar moes ongelukkig weens 'n besering onttrek.

MONTORBESTUUR VIR 2015/16

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat tot die MB vir 2015/16 verkies is.  Die HOOFLEIERS sal na die MB-Kamp aangekondig word.

 

DOGTERSSEUNS
  
GRAAD 12 
  
Gustel AgenbachWarren Bower
Charlene de JagerIan Gerber
Maritana du ToitFrancois Kruger
Caitlin GarbersRuben le Roux
Bridget HartBernard McDonald
Lara HavengaWillem A Odendaal
Almarize KlueRoelof Roodt
Janke PienaarLeslie Sharp
Carissa StruwigTian Smith
Aniéke van JaarsveldKyle Snyman
Wilanie van ZylKeagan Tait
Carla ViviersWillie van der Merwe
Melandrie WilkenJason van Tonder
  
GRAAD 11 
  
Caroline Janse van RensburgTiaan Coetzee
Sanri MarxJulian Kleyn
Keitlin MitchellJaco McLaren
Leah NellJason van Tonder

 

junior staadsraad 2016

Baie geluk aan Caroline Janse van Rensburg wat pas as Framesby se Junior Stadsraadslid verkies is.  Op die foto staan sy tussen Willem-Adriaan Odendaal, die huidige verteenwoordiger en Anel Gerber die uittredende verteenwoordiger.


Ons wens vir Caroline en Willem-Adriaan alle sukses toe met hulle pligte.

jnr-stadsraad-2016-600-x-450

MUURBAL

Gedurende die afgelope Julie-vakansie het van ons leerlinge die OP by Landswye Interprovinsiale Toernooie verteenwoordig.  Baie geluk aan die volgende seuns en dogter wat uitstekend gevaar het.

 

Die Onder 16 groep het in Bloemfontein gespeel.

 

Megan Tait  was deel van die OP B- span  wat goud vir die provinsie in die

B-afdeling gewen het.

Anli Thiel het in die OP A- span gespeel en hulle het 'n tweede plek behaal.

  

Die Onder 19 groep het in Kaapstad deelgeneem

 

Stephen Tait was in die OP B- span en hulle het die brons medaljes by die toernooi gewen

 

Warren Bower en Dewald van Niekerk het in die A-Span gespeel en hulle het ook 'n derde plek in die A-Afdeling vir seuns O/19 behaal.

 

Dewald van Niekerk is opgeneem in die SA O/19 Span  wat eers in Maleisië deelgeneem het en daarna het hy SA in die Nr 1 posisie by die wêreldspele in Nederland verteenwoordig. Slegs 2 Suid-Afrikaners is gekies om aan die wêreldspele deel te neem en hier het Dewald het 3 van sy 5 wedstryde gewen.

 

    Baie geluk aan al hierdie leerlinge!

op-spelers-muurbal-2015-512-x-342

RUGBY

TWEE FRAMESBY SPELERS GEKIES VIR DIE SA SKOLE A-SPAN

Baie geluk aan André Lategan en Riaan van Rensburg wat in SA Skole A-span ingesluit is na afloop van die Craven Week.  

Uitstekende prestasie manne en baie sterkte met die pad vorentoe. 

 

Framesby is trots op julle!

andre-en-riaan-369-x-600

muurbal

DEWALD VAN NIEKERK VERTEENWOORDIG SUID-AFRIKA!!

Ons is baie trots op Dewald van Niekerk wat op 23 Julie na Nederland vertrek waar hy Suid-Afrika by die Junior Wêreld Kampioenskappe gaan verteenwoordig.

 

Dewald het vanjaar uitstekende spel gelewer en is ook by die Jarvis Kaplan Toernooi as die MEES BELOWENDE Junior SPELER in Suid-Afrika vir 2015 aangewys.

 

Baie geluk Dewald en baie sterkte by die Wêreld Kampioenskappe!! 

 


landloop

FRAMESBY-ATLETE  SKITTER BY KNYSNA-OESTERFEES

32 Framesby- landloopatlete het  gedurende die Julie-vakansie'n toer na na die Knysna onderneem. Hulle het aan 'n landloopbyeenkoms, 'n 4x 1km-aflos, 'n straatmyl en pretdraf oor 5km deelgeneem . Die kompetisie was baie sterk, veral die landloopbyeenkoms waar tot 40 deelnemers in een ouderdomsgroep deelgeneem het.

Nog steeds het die Framesby hul stempel afgedruk. Vicky Oelofse behaal in die 4km-landloopwedloop 'n eerste plek in die Do/15-afdeling.

By die aflos het 3 van Framesby se spanne onder die eerste 3 geëindig: die 0/15 gemengde span, die do/17 en do/19-span.

In die straatmyl het Framesby 4 medaljes verower, naamlik:  Chane Petzer (1ste -do/17) , Vicky Oelofse (3de- do/15), Bridget Hart ( 3de- do/17) en Dané Cronjé (3de- do/19)
Daar het sowat 100 deelnemers aan die pretdraf deelgeneem. Lara de Bloe en Joshua Gouws behaal algeheel n derde plek in die dames- en mansafdeling.

landloop-knysna-600-x-450

Perdry

Nicole Cornelius presteer

2015 South African Pony Rider Championships

The Royal Riding Club - Pietermaritzburg KZN
26 June - 5 July 2015


Lees meer

nicole-cornelius-467-x-591

oud-leerder presteer

In 2011 was Nadia Moore die 3de beste matrikulant in die Oos-Kaap en dit is duidelik dat sy nie op haar louere gaan rus het nie. Nadia het pas 2 toekennings ontvang het by KOVSIES se Mediese Prysuitdeling.

  •  Welch Allyn-prys vir die student met die hoogste finale gesamentlike punt in Kliniese Vaardigheid
  •  Derdejaar Skool vir Geneeskunde-wisseltrofee vir die student met die hoogste gemiddelde punt in al die modules in die derde jaar

Baie geluk met hierdie merkwaardige prestasie Nadia, Framesby is trots op jou!!  

nadia-moore

KARATE WêRELDKAMPIOENSKAPPE

FRAMESBY SE SASKIA WESTRAADT PRESTEER

Saskia Westraadt het die afgelope naweek vir Suid Afrika verteenwoordig by die Karate - Wêreldkampioenskappe wat in Nederland gehou is.  Suid Afrika het 5 goue medaljes gewen en Saskia was by twee van die medaljes betrokke.

Op haar eie het sy Goud in die Kumite verower en in spanverband het sy en twee spanmaats Goud in d

GOUD - Kumite
GOUD - Kumite
GOUD - Span Kata
GOUD - Span Kata

NETBAL

JUNIORS PRESTEER!!

Die o/14 en o/15 netbalspanne het verlede naweek as Metro Wenners, die Metro by die Oos-Kaap finale in Oos-London gaan verteenwoordig.  Die toernooi is by Hoërskool Grens se bane gehou en het oor twee dae gestrek.


Ongelukkig het die o/14's naelskraap in die finaal verloor.  Die o/15's het egter baie karakter getoon en onder moeilike omstandighede hulle afdeling gewen en is hulle as Oos-Kaap WENNERS gekroon.


Hierdie uitslae is baie positief vir Framesby se netbal-toekoms en wil ons vir al die spelers en hulle afrigters, juf. Nieke Loubser (o/14) en Mev. Rautenbach (o/15) baie geluk sê.  


As Oos-Kaap wenners, sal die o/15's die provinsie by die nasionale kampioenskappe in Boksburg gaan verteenwoordig en wens ons hulle alle sterkte toe met hulle voorbereiding deur die vakansie.  Die toernooi vind op 30 Julie - 01 Augustus by Hoërskool EG Jansen plaas.


 

015-netbal-2015

tennis

OP VERTEENWOORDIGERS

BAIE geluk aan Wilanie van Zyl (o/18) en Janre Viljoen (o/16) wat altyd vir die OP Tennisspan gekies is om op 6 Julie teen Noord-Kaap te speel.  Beide is as nommer 1 in  hulle ouderdomsgroepe in die span ingesluit.

Uitstekende prestasie julle en sterkte met die voorbereiding en die toernooi wat voorlê


wilanie-en-janre

MNr. en Mej. framesby 2015


Tinita Gerber - 1ste Prinses ; Darnell Levack (2de Prinses) ; Anel Gerber (Mej Framesby) ; Andre Fourie (Mnr PE 2014), Juan Cumberledgen (Mnr Framesby); Tommy Adlam (Tweede Prins); Sean Els (Eerste Prins)
Tinita Gerber - 1ste Prinses ; Darnell Levack (2de Prinses) ; Anel Gerber (Mej Framesby) ; Andre Fourie (Mnr PE 2014), Juan Cumberledgen (Mnr Framesby); Tommy Adlam (Tweede Prins); Sean Els (Eerste Prins)

cravenweek

FRAMESBY GOED VERTEENWOORDIG

KARL SENYANE (O.16) ; RUBEN PRETORIUS (O.18) ; RUBEN LE ROUX (O.18) ; VIAAN WOLMARAANS (0.16) ; ANDRE LATEGAN (O.18) ; MNR LOUIS GERBER ( CRAVENWEEK O.18 HOOFAFRIGTER) ; LOUIS STRYDOM (O.18) ; RIAAN VAN RENSBURG (O.18) ; MALAN MARAIS (O.18) ; DESMICK KLEINBOOI (O.16)
KARL SENYANE (O.16) ; RUBEN PRETORIUS (O.18) ; RUBEN LE ROUX (O.18) ; VIAAN WOLMARAANS (0.16) ; ANDRE LATEGAN (O.18) ; MNR LOUIS GERBER ( CRAVENWEEK O.18 HOOFAFRIGTER) ; LOUIS STRYDOM (O.18) ; RIAAN VAN RENSBURG (O.18) ; MALAN MARAIS (O.18) ; DESMICK KLEINBOOI (O.16)

OP TENNIS

WILANIE VAN ZYL, GR. 11 LEERDER WORD GEKIES VIR OP SENIOR SPAN

UITSTEKENDE PRESTASIE

wilanie op seniors

GRADUANDI

Oud-skoliere gradueer op Stellenbosch

Baie geluk aan die onderstaande oud-skoliere wat onlangs aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het en baie voorspoed met julle toekoms.

Van

Voorletters

Kwalifikasie

Matriekjr

Daya

M

PhD

1995

De Vaal

S

Motiverende Onderhoudsvoering

1997

Lourens

M

MA

2006

Hartman

J

ND in Finansiële Beplanning

2006

Barry

ME

MB, ChB

2008

Horak

J

MB, ChB

2008

Lombard

AC

HonsBCom

2008

Lourens

E

MB, ChB

2008

Van der Walt

L

MB, ChB

2008

Bekker

FV

BScVoedwet

2010

Clasen

RD

BAgric

2010

Roux

J

Bed

2010

Stapelberg

FH

HonsBRekeningkunde

2010

Swanepoel

GP

HonsBRekeningkunde

2010

Brown

L

BRekeningkunde

2011

Ludick

M

BCom (Aktuarieel)

2011

Steyn

L

BCom (Bestuurswet)

2011

 

DANSKLUB

FRAMESBY DANSERS MAAK ONS TROTS

Die jaarlikse dans interskole kompetisie het Saterdag in die Veremarksaal plaasgevind.  Daar het altesaam 15 skole deelgeneem en Framesby kan met trots sê dat ons 3de geeindig het.

 

In die Latin brons afdeling het Aimee Sinden en Monray Potgieter 2de plekke behaal.

 

In die Latin silwer afdeling het Tiana Cloete en Jason van Tonder 2de plekke behaal en 5de plekke in die Ballroom afdeling.

 

In die Ballroom goue afdeling het Juan Blom en Caitlin Garbers 2de plekke behaal en Lara Havenga en Arné van Heerden het 4de plekke behaal.

 

In die Latin goue afdeling het Arné van Heerden en Reneé Nell 3de plekke behaal en hulle het 2de plekke in die Jazz afdeling behaal.

 

Lara Havenga en Juan Blom het ook 6de plekke in die Latin goue afdeling asook die sokkie afdeling behaal.

 

Ons is voorwaar trots op hierdie leerders wat goeie ambassadeurs vir ons skool was.

MUURBAL

DEWALD VAN NIEKERK IN SA SPAN

Dewald-van-niekerk-600-x-288

tennis

SA SKOLESPAN

Wilanie van Zyl het aan die einde Maart aan die SA Skole Toernooi deelgeneem .Sy het no 1 in die Onder 19 span vir OP gespeel. Ons was maar baie bekommerd na die knieoperasie en ses maande se min tennis of Wilanie dit gaan maak en of sy die toernooi sal voltooi.. Ons het regtig verstom gestaan oor dit wat sy op die toernooi met n groot beenstut aan haar knie vermag het. Sy was tot op die laaste dag onoorwonne op die toernooi en het 5 van haar 6  enkels op no 1 gewen. Sy het die volgende provinsies se nommer 1 spelers onder 19 gewen: Vrystaat, Gauteng, Gauteng Noord, Grens en Limpopo . Die nommer 1 speler van Gauteng Noord is die huidige SA Nasionale Kampioen 16 en onder.


Wilanie is na afloop van die toernooi in die SA Onder 19 Skole Span gekies, een van slegs vier wit meisies op meriete. Daar het 16 provinsiale spanne aan die toernooi deelgeneem met ses meisies in elke span. Wat haar prestasie nog meer merkwaardig maak is dat sy die enigste graad 11 leerling in die SA Onder 19 span is . Die ander drie meisies is almal graad 12. Ons is ongelooflik trots op Wilanie dat sy met haar beserings nie moed opgegee het nie, maar vasberade was om terug te veg.   Dit is vir ons belangriker as die prestasie self.

dansERS SKITTER!!

SA SPAN

Nicole Hills, Keitlin Mitchell en Leah Nell neem vir dansgroepe in 'n senior groep deel van 18 tot 24 jaar. Hulle is onderskeidelik almal 15 en 16 jaar oud.  Hierdie 3 leerders behaal nou vir 5 agtereenvolgende jare (2011-2015) hulle OP- Kleure en behaal ook vir 5 agtereenvolgende jare die SA- Span vir dans.

OP TWEEKAMP

Framesby-atlete het die afgelope naweek ongelooflik goed presteer en is 15 atlete in die OP span opgeneem wat eersdaags aan die interprovinsiale kampioenskappe in Stellenbosch gan deelneem.  Ons gelukwense gaan aan die vlogende leerders:

  1. Lara de Bloe (dogters o/13)
  2. Janno Aggenbag (seuns o/15)
  3. Brendan Welsh (seuns o/15)
  4. Amore Terblanche (dogters o/15)
  5. Vicky Oelofse (dogters o/15)
  6. Shani Smit (dogters o/17)
  7. Bridget Hart (dogters o/17)
  8. Stefanie Olivier (dogters o/17)
  9. Amorette Matthee (vroue)
  10. Ian Gerber (seuns o/17)
  11. Dane Cronje (dogters o/19)
  12. Anel Gerber (dogters o/19)
op-tweekamp

MUURBAL

SA RANGLYS

Die afgelope het die SA Kampioenskappe in Gauteng plaasgevind waarna die nuutste ranglys uitgereik is.


Baie geluk aan Dewald van Niekerk wat no. 6 in die land is vir seuns o/19.  UITSTEKENDE PRESTASIE.  

LANDLOOP

TWEEKAMP:

 

16 Framesby atlete is in die OP Tweekampspan opgeneem wat op 7 Februarie aan 'n Interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn gaan deelneem:

 

Hulle is:

  1. Lara de Bloe
  2. Vicky Oelofse
  3. Amore Terblanche
  4. Brendan Welsh
  5. Janno Aggenbag
  6. Deandre van der Merwe
  7. Cobus Stadler
  8. Shani Smit
  9. Bridget Hart
  10. Stefanie Olivier
  11. Amorette Matthee
  12. Ian Gerber
  13. JP Greyling
  14. Anro Swart
  15. Dane Cronje
  16. Anel Gerber

BINNENSHUISE KRIEKET

Tian Smith en Viaan Wolmaraans is in die SA o.18 span opgeneem wat in September hul land gaan verteenwoordig by die Wêreldbeker in Australië.

HOOFBORG - Nissan Eastern Cape

GROOT dank gaan aan Nissan Eatern Cape wat die afgelope twee jaar by die skool betrokke is en ook hulle borgskap tot 2016 verleng het.


Ondersteun hulle asb. want hierdie finansiële inspuiting maak dit moontlik om ons skool en sy fasiliteite te verbeter.


Skakel vir HENRY BENN by Nissan vir enige navrae; 041 - 4029400

Vinnige Navraag

Voltooi en stuur

Kontak Inligting

Hoërskool Framesby

Fisiese Adres: 

Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001

  

Posadres:

Posbus 28065
Sunridgepark, 6008

 

Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787

E-pos: bemarking@framesby.co.za  

 

Internet:

Facebook: Hoërskool Framesby

Twitter

Belangrike Inligting

Vinnige skakels

Vakkeuses

Ons Prospektus

Kultuur Rooster

Naweek Sport Rooster

Eksamen Roosters

Vraestelle Gr 9 & 11

OK / Close