Welkom by die Hoërskool Framesby

Hartlik welkom in Framesbyland!

Ons het oor die afgelope veertig jaar daarin geslaag om 'n trotse rekord op akademiese, sport en kulturele gebied op te bou en ons glo dat ons steeds aan hierdie tradisie voortbou.

Framesby : Waar Potensiaal Verwesenlik Word..

 

Framesby Missie



Die Hoërskool Framesby is 'n Christelik-georiënteerde Afrikaansmedium hoërskool wat hom ten doel stel om sy leerlinge op alle terreine te ontwikkel - akademies, geestelik, sosiaal, kultureel en liggaamlik – ten einde as volwasse en gebalanseerde jongmense hulle roeping in die samelewing suksesvol te vervul.

 

Framesby Erekode



Die volgende lewenswaardes van die Framesby-erekode vorm die grondslag van ons gesindheid en optrede, en is die basis waarop ons gedragskode en huishoudelike reëls berus.

Lojaliteit, Eerlikheid, Pligsgetrouheid, Stiptelikheid, Selfrespek, Respek vir ander,  Respek vir gesag, Respek vir eiendom.

Vanuit die Hoof se kantoor

Wat ’n belewenis om hierdie jaar, 2011, die pad met Framesby te kon stap.  Onuitwisbare herinneringe, met soveel suksesse op verskeie terreine.  Leerders wat die skool se magdom geleenthede aangegryp het om die beste daaruit vir hulself te haal.  Baie geluk aan hierdie leerders.  Dis julle wat ons skool ’n goeie naam gee en ons op die vlak plaas van ’n ware super skool!  My dank ook aan ons entoesiastiese personeel en ondersteunende ouers wat ’n daadwerklike verskil maak aan die prestasies en ontwikkeling van ons kinders.

 

Aan die einde van hierdie jaar word ’n baie groot persentasie leerders bevorder na die volgende Graad.  Dit span die kroon op volgehoue harde en deeglike werk  - baie geluk aan elkeen.  Daar is ook diegene wat nie die vereistes behaal het nie en wat volgende jaar hul Graad moet herhaal.  Elkeen moet hand in eie boesem steek en hulself afvra: “Wat was my bydrae tot die jaar se vordering” alvorens die skool, gerieflikheidshalwe, blameer word vir wanprestasie van leerders.

 

2012 sal afskop met die nastreef van voorafbepaalde doelwitte vir die jaar. Personeel sal streef na verbeterde werktrots by personeel en leerders, groter ouerbetrokkenheid, groter omgee vir leerders en die daarstel van verbeterde verhouding tussen personeel, ouer en kind, die nalaat van ’n verminderde koolstofspoor en “groener” omgewing en om die uitleef van Christelike beginsels in ons skool na nuwe hoogtes te neem.  Leerders moet gefokus word op akademie, selfdissipline, op hul eie persoonlike netheid (wat hare insluit), stiptelikheid en lojaliteit teenoor ons skool.

 

Ons wil Framesby toenemend ontwikkel in ’n skool van uitnemendheid waar norme en waardes voorrang kan geniet en waar elke ouer en leerder met trots kan sê: “Ons kinders is in die beste skool”. 'n Skool wat die belange van die Afrikaanse taal op die hart dra en getrou bly aan ons slagspreuk van "Waar potensiaal verwesenlik word".

 

 

Jan Stroebel

Skoolhoof

Jongste Nuus

Tennis

Baie geluk aan Jurgens Viljoen en Wilanie van Zyl wat in die OP 0/15 tennisspan ingesluit is.  Anschen Bosch is as reserwe in die span ingesluit.

Atletiek

INTERHUIS

 
 

Huis Vis wen die atletiek en aankomsbekers terwyl Huis Krit die sangbeker wen.

GROOT PUNTEMAKERS

Die volgende atlete het tussen 30 en 40 punte bygedra vir hul onderskeie huise :

Frehan Swanepoel, Melindi Engelbrecht, Malan Marais, Tertius Zwiegelaar, Tiaan Olivier, Malan Horak, Tiaan Potgieter, Nico Bakkes, Amanda Janse van Rensburg, Janneke Mitchell

Die volgende atlete het 40 to 50 punte aangeteken:

Shanna Lee Koen, Zandri Ras, Elitia Rautenbach en Lana Steyn

Meer as 50 punte is

Shani Smit en Arné Rust albei met 55

Lesley Sharp (O.14) met 56 punte, wat die meeste is deur ‘n seun

Angelique Koen het ‘n pragtige totaal van 57,

maar die heel meeste punte – ‘n verstommende 60 - is aangeteken deur

Carla Petzer – dit bestaan uit 8 eerste plekke,’n vierde plek en ‘n sesde plek.

 

NUWE REKORDS

Altesaam 9 nuwe rekords is aangeteken:

Anneke Kapp stel nuwe rekords op in die O. 14 dogters gewigstoot, sowel as in die diskus en die hamergooi – dus altesaam 3!

Lesley Sharp stel ook 3 nuwe rekords op:   in die twee O. 14 hekkie-items asook die verspring.

Danielle Lötter stel ‘n rekord op in die 0.15 hamergooi en Amy Botes in die 0.19 hamergooi.

Arné Rust gooi met die spies ‘n nuwe O.19 rekord.

 

VICTOR en VICTRIX LUDORUMS

Vir dié wat nie weet presies hoe hierdie toekennings gemaak word nie:

Ons gebruik nasionale evalueringstabelle en ‘n atleet se DRIE beste items word dan volgens hierdie tabelle beoordeel en bepunt,   en bymekaar getel.

 

Die junior seun (d.i. O. 14 en O. 15 saam) met die hoogste punte volgens hierdie tabelmetode, wat dan ook ons

Junior Victor Ludorum is (vir die tweede agtereenvolgende jaar), is Malan Marais

 

Junior Victrix Ludorum  - Anneke Kapp

 

Die Senior Victor Ludorum -  Nico Bakkes

 

Die Senior Victix Ludorum - Arné Rust

Kalender

Hoof

Ons Hoof:  Mnr. Jan Stroebel

2012 Skoolkwartale

11 Jan – 23 Mrt
10 Apr – 22 Jun
16 Jul – 28 Sep
08 Okt – 07 Des

Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: