Skoolfonds 2012 Inligting

Tydens die Algemene Ouervergadering van 24 November 2011 is die 2012 begroting aan ouers voorgelê vir kennisname en goedkeuring.  Skoolgeldtariewe vir 2012 is soos volg:
 
* Vir een kind: R10 850 per jaar
OF  R1 085 per maand oor tien maande (Februarie tot November)
 
* Vir twee of meer kinders:  R21 700 per jaar
OF  R2 170 per maand oor tien maande (Februarie tot November)
 
Geliewe daarop te let dat die betaling van skoolgeld deur die Suid-Afrikaanse Skolewet gereguleer word en dus ’n statutêre vereiste is. Skoolgelde is dus nie onderhewig aan die skuldhersieningsproses nie.
 
Aansoekvorms vir vermindering van skoolgeld moet voor 20 Januarie 2012 persoonlik by mev. Victor (Finansiële Beampte) se kantoor afgehaal word. Voltooide vorms en stawende dokumente moet voor of op 27 Januarie 2012 ingedien word.
 
Ten einde ouers tegemoet te kom, bied die skool die volgende betalingsmetodes, almal op ‘n STRENG VOORUITBETAALBARE wyse:
 
1. Die volle bedrag vir die jaar, betaalbaar voor of op 29 Februarie 2012, met ‘n korting van 10% vir eenmalige betaling.
 
2. Tien maandelikse vooruitbetaalbare kontantbetalings by die skool, Februarie tot November.
 
3. Maandeliks vooruitbetaalbaar deur middel van ‘n aftrekorder by ‘n bank gereël of elektroniese oorplasing oor 10 paaiemente, Februarie tot November. 

Die leerling se toelatingsnommer (by Algemene Kantoor beskikbaar) moet te alle tye as verwysing gebruik word. Die skool se bankbesonderhede is soos volg:
 
Hoërskool Framesby
ABSA Newtonpark
Takkode :   511-917
Rek. No  :   1400 750  005

 
 
ALGEMEEN
 
1. Om op duur posgelde te bespaar word rekeningstate aan leerlinge oorhandig wat skriftelik ontvangs erken.
 
2. In die geval van geskeide ouers sal verdeling ten opsigte van skoolgeldbetalings nie meer deur die Algemene Kantoor hanteer word nie. Ouers sal dus onderling moet ooreenkom wie verantwoordelikheid aanvaar. Slegs een rekeningstaat vir elke leerling sal dus voorsien word.
 
3. Die Beheerliggaam sal ongelukkig nie in die toekoms meer in staat wees om voortdurend opvolgwerk te doen ten opsigte van wanbetalers nie en sal dus net een geskrewe aanmaning uitstuur. 

4. Alle bedrae wat dus nog uitstaande is na die sperdatum, soos aangedui in die aanmaningsbrief, word outomaties aan ons prokureurs oorhandig vir invordering.
 
5. Geen betalings kan by die Algemene Kantoor ontvang word na die datum waarop oorhandigings gedoen is nie en reëlings vir vereffening moet dus met die prokureurs getref word. Betalings wat hierna by die Algemene Kantoor gedoen word, sal nie terug - of aan die prokureurs oorbetaal word nie, maar aangewend word vir die volgende termyn se skoolgeld.
 
6. Geen uitsonderings word gemaak in gevalle waar ouers skenkings maak of behulpsaam is by skoolaktiwiteite van watter aard ook al nie. Die Rekeningafdeling funksioneer geheel en al onafhanklik.
 
7. Adres - en telefoonveranderings moet asseblief by die Algemene Kantoor gedoen word.

Kalender

Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: