Jongste Nuus

Tennis

Baie geluk aan Jurgens Viljoen en Wilanie van Zyl wat in die OP 0/15 tennisspan ingesluit is.  Anschen Bosch is as reserwe in die span ingesluit.

Atletiek

INTERHUIS

 
 

Huis Vis wen die atletiek en aankomsbekers terwyl Huis Krit die sangbeker wen.

GROOT PUNTEMAKERS

Die volgende atlete het tussen 30 en 40 punte bygedra vir hul onderskeie huise :

Frehan Swanepoel, Melindi Engelbrecht, Malan Marais, Tertius Zwiegelaar, Tiaan Olivier, Malan Horak, Tiaan Potgieter, Nico Bakkes, Amanda Janse van Rensburg, Janneke Mitchell

Die volgende atlete het 40 to 50 punte aangeteken:

Shanna Lee Koen, Zandri Ras, Elitia Rautenbach en Lana Steyn

Meer as 50 punte is

Shani Smit en Arné Rust albei met 55

Lesley Sharp (O.14) met 56 punte, wat die meeste is deur ‘n seun

Angelique Koen het ‘n pragtige totaal van 57,

maar die heel meeste punte – ‘n verstommende 60 - is aangeteken deur

Carla Petzer – dit bestaan uit 8 eerste plekke,’n vierde plek en ‘n sesde plek.

 

NUWE REKORDS

Altesaam 9 nuwe rekords is aangeteken:

Anneke Kapp stel nuwe rekords op in die O. 14 dogters gewigstoot, sowel as in die diskus en die hamergooi – dus altesaam 3!

Lesley Sharp stel ook 3 nuwe rekords op:   in die twee O. 14 hekkie-items asook die verspring.

Danielle Lötter stel ‘n rekord op in die 0.15 hamergooi en Amy Botes in die 0.19 hamergooi.

Arné Rust gooi met die spies ‘n nuwe O.19 rekord.

 

VICTOR en VICTRIX LUDORUMS

Vir dié wat nie weet presies hoe hierdie toekennings gemaak word nie:

Ons gebruik nasionale evalueringstabelle en ‘n atleet se DRIE beste items word dan volgens hierdie tabelle beoordeel en bepunt,   en bymekaar getel.

 

Die junior seun (d.i. O. 14 en O. 15 saam) met die hoogste punte volgens hierdie tabelmetode, wat dan ook ons

Junior Victor Ludorum is (vir die tweede agtereenvolgende jaar), is Malan Marais

 

Junior Victrix Ludorum  - Anneke Kapp

 

Die Senior Victor Ludorum -  Nico Bakkes

 

Die Senior Victix Ludorum - Arné Rust

Krieket

Baie geluk aan Marilize Stander wat Saterdag en Sondag die OP Vroue Krieketspan verteenwoordig het in hul wedstryde teen WP en Boland.

 

Die volgende krieketspelers is gekies vir die Western District team

 

0/15: Andre Lategan en Rikus Zaayman

0/17: Ernst Stapelberg, Juanré Roberts, Anru Emiljo en Stefan Tait

Tennis

Nog twee OP tennisspelers in Framesby!!

 

Baie geluk aan Christine Bosch wat in die OP 0/17 dogtersspan ingesluit is en Marthinus Nienaber was as reserwe in die OP 0/17 seunsspan ingesluit is.

 

Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: