Die Mediasentrum

Die Mediasentrum trek gebruikers vanuit die breë spektrum van die Framesby familie. Daar is akademiese wonders en minder akademiese leerders, daar is stilles en minder stilles, soetes en minder soetes, nerds, wannabees en in-leerders, leiers en volgers, rekenaarfundi’s, boeklesers, sportiewes, kultuurdiere en grapmakers. Die meeste van die personeel verbonde aan die skool maak ook op verskeie maniere van die diens gebruik. Leerders en die personeel neem ook dikwels vir hul gesinslede storieboeke of vakliteratuur uit. Leerders soek dikwels vir broers of susters in ander skole inligting vir werkopdragte. Op hierdie manier bedien die Mediasentrum die wyer gemeenskap waarvan die skool deel is.

Mediasentrum-aanbieding (600 X 450)

Opsoek na inligting?

Daar is verskeie ensiklopedië op CD-ROM op die rekenaars gelaai, waarvan veral Encarta en Encyclopaedia Britannica baie nuttig is.

Daar is ‘n ikoon op elke rekenaar wat die L-Drive aandui. Dit is ‘n vorm van Intranet wat binne die Mediasentrum gebruik word en ‘n gemeenskaplike databasis, wat vanaf die Mediasentrumbestuurder se rekenaar gelaai word, op elke rekenaar beskikbaar stel.

Daar is vir elke vak ‘n lêer geskep, waarin klasnotas, vraestelle, ens. gelaai kan word. Drukwerk kan hiervandaan na ‘n rekenaardrukker of die fotokopieerder gemaak word. Daar is ‘n Algemene lêer met Internetadresse, ens., ‘n Mediasentrum-lêer en ‘n Vraestel-lêer. By sommige leerareas het van die personeel notas of toetsvraestelle en memorandums gegee wat gelaai moes word. Verder laai die Mediasentrumbestuurder die inligting.

Die L-Drive

Ldrive (600 X 450)

Beskikbaar by ons eie winkel

Te koop:

CD- R                                 R2

Vraestel-CD                      R5

CD-RW                              R10

Flip file-sakkies                 20c

Skoon A4-blaaie               10c

Gekleurde A4-blaaie         50c

Gekleurde A4-karton         R1

Gekleurde A3-karton         R2

Bantex-lêers                       R5

Inskuifbinders                     R1

Ringkammetjies                 R2

Transparantblaaie              R2

Flash drives        4G        R100

Te leen vir toetse en eksamens:

Sakrekenaars

Passers

Gradeboë, ens.

Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: