TUISWERK

Tuiswerkopdragte word daagliks vir elke vak gegee. Dit is belangrik dat leerlinge daarop let dat tuiswerk nie slegs skriftelike werk insluit nie, maar ook gereelde studie. Sodoende bly leerlinge daagliks op hoogte van hulle werk - 'n voorvereiste vir sukses tydens eksamens.
 
Dit is verpligtend dat leerlinge aan die begin van die jaar die Framesby Jaar-beplanner aankoop waarin tuiswerk gereeld aangeteken word. Hierdie dagboekie bevat ook die volledige jaarprogram asook ander belangrike inligting en word teen 'n baie billike prys deur die skool voorsien.
 
Ouers word dringend versoek om ons by te staan deur gereeld toe te sien dat voldoende tyd aan tuiswerk bestee word.
 
Die volgende tye dien as riglyne:
 
Graad 8 en 9:   Daagliks minstens 2½ uur (ongeveer 25 minute per vak).
Graad 10 tot 12:   Daagliks minstens 3½ uur (ongeveer 35 minute per vak).

Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: