Erkenning aan Presteerders
Die volgende 3-Vlak-toekenning bestaan by Framesby:


Vlak I: MERIETETOEKENNING
Merietepunte word toegeken vir uitsonderlike balans tussen Akademie, Sport en Kultuur. Geregtig op gepaste kleur merieteknopie
Vlak II: KLEURE
Hoofsaaklik in spanverband mits die leerling vanaf Graad 8 die sport/kultuur beoefen het.
Fisiese klere: Effekleurige blou baadjie met SILWER balkie(s).
VLAK III: EREKLEURE
Uitsonderlike individuele prestasie op amptelike provinsiale / nasionale vlak
Fisiese klere : Effekleurige blou baadjie met GOUE lourier en balkie

KLEURE EN EREKLEURE


Kleure en Erekleure word op meriete vir akademiese prestasie en alle sportsoorte en kultuurbedrywighede wat in die skool beoefen word, toegeken. Erekleure word ook aan buiteskoolse aktiwiteite toegeken indien die leerling onder die drie toppresteerders in Suid-Afrika in die betrokke aktiwiteit eindig. Die inligtingsboekie met Kriteria en Riglyne is by die algemene kantoor beskikbaar.
Die kleure (slegs van Gr 11) en erekleure (slegs van Gr 10) kan alleenlik met die skool se toestemmingsbrief by die leweransiers verkry word en mag slegs vanaf die voorgeskrewe Grade gedra word.

Tuis | Kontak ons | Terug na bo
Using this site means you accept its terms | Contact webmaster
Kopiereg © 2011 Hoërskool Framesby, Port Elizabeth, Suid Afrika. Alle regte voorbehou.
All trademarks and logos are the property of their respective owners and may not be reproduced for any purpose without express written permission from the trademark holder.









